Ek maak elke oggend vir kleinseun ‘n opgerolde eier omelet. Dan sit ek ‘n deksel oor sy bordjie dat dit kan afkoel en warm bly tot hy hier kom. Hy sit dan by die tafel op die stoep (toegebou), kyk sy storie en eet sy eier.
Lees voort “Solly Ouma, ek spoeg eie(r)”Etiket: Afrikaans,
Die taal waarin ek verkies om te skryf
Buffel-dogtertjies by die speelplek
Ons landgoed het ‘n hele klomp geld uitgegee om ‘n speelplek vir die kinders by die klubhuis te bou. En ek het met soveel opwinding in my hart met kleinseun tot daar gestap om die vordering van die plek te beskou.
Lees voort “Buffel-dogtertjies by die speelplek”Sopkoud …
Ek het geweet hierdie titel gaan jou aandag trek. Want glo my vry, ek was self hoogs beïndruk met kleinkind se woordskeppings …
Lees voort “Sopkoud …”Blouvaal …
Kleinseun is besig om die taal teen die spoed van weerlig aan te leer. En daarmee saam maak hy sy eie woorde … En ek kan nie help om erg beïndruk te wees nie.
Lees voort “Blouvaal …”Die flaminke van Flaminkepan in Welkom
Toe ons in 1983 na Welkom verhuis het, was die flaminke van Flaminkepan in Welkom een van die grootste besienswaardighede in hierdie jongste goudstad van Suid-Afrika.
Lees voort “Die flaminke van Flaminkepan in Welkom”Kleinkindpret: Ons onderhandel vir Smarties
Ag julle, ek geniet die kleinkind van my so baie. Hy is nou amper 29 maande oud, nog baie ver van drie af. Maar … hy dink hy is veel ouer. En … hy kan onderhandel.
Lees voort “Kleinkindpret: Ons onderhandel vir Smarties”