Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret: Ons onderhandel vir Smarties

Ag julle, ek geniet die kleinkind van my so baie. Hy is nou amper 29 maande oud, nog baie ver van drie af. Maar … hy dink hy is veel ouer. En … hy kan onderhandel.

Ek leer hom van kleinsaf om nie te huil as ek nie ‘n bak lekkers vir hom wil gee nie. En ek koop bittermin lekkers, maar Ouma het ongelukkig – ten spyte van haar laktose weerstandigheid – ‘n besonderse liefde vir Smarties.

So kom ek vandag met so vyf Smarties by hom aan. Eers moet hy loer wat in my hand is. En as hy sien wat dit is, maak ek my vingers toe. Want ek weet dat die piepklein babahandjies sy ouma se vingers kan oopmaak. Dit is ons speletjie. Hy is belaglik sterk in sulke klein handjies.

As dit oop is, is die opdrag dat hy net twee kan vat.

Dan onderhandel hy vir die kleur wat hy wil vat.

Goene (groene).

Pêês (pers)

En dan is hy tevrede.

Maar nie meer nie …

Vandag, toe hy die twee in sy vuisiebeursie gebêre het, begin die onderhandelinge. Want daar is nog drie oor.

Die vingertjies draai en swaai en hy wys twee!

En die mondjie sê twee.

Dan sê ek jy het mos twee.

Dan werk die vingertjies weer en probeer hy drie wys.

Die (drie) sê die mondjie.

Dan maak ek my hand oop en mag hy een ekstra vat dat hy drie het.

Sodra dit in die vuisie-beursie gebêre is, begin die vingertjies weer sukkel om te verstaan hoe wys mens vier.

En die mondjie vie (vier) saam.

Dan maak ek my hand oop en hy vat net een ekstra. En sodra dit in die vuisiebeursie is, wil hy nog een hê.

En die vingertjies soek hoe gaan mens die volgende getal wys, terwyl die mondjie heel tevrede met die volgende getal 10 vra.

Dan sê ek dit is vyf.

En vyf hy agter my aan.

En ek wys vyf.

En die handjie wat nie die beursie is nie, wys vyf.

Dit is waar ons stop.

Tien is te veel.

Hy is tevrede dat dit klaar is. Kaaa (klaar) agter my aan.

En dan word die Smarties geëet soos ek dit geëet het toe ek klein was. Stadig en smaaklik. En sodra hy die sjokolade in een sien, tjoklits (sjokolade) hy en ek moet kyk. Want hy het die skat daarbinne ontdek.

Vandag vra hy sy bakkie met vyf Smarties wat ek ingesit het toe ons af is klubhuis toe ons terug is by die huis dat ek met hom gaan stap dat hy slapies. Ek gee maar die bakkie, sit hom in sy waentjie en maak my reg om baie lank te stap, want dit gaan hom dalkies wakker hou.

Ek hoor by almal dat lekkertjies hulle aktief maak en nie wil laat slaap nie.

Hy sit regop en tel die Smarties. En dan sê hy die kleure.

Pienk. Bou (blou). Geel.

En toe is hy stil.

Toe ek omloop om te kyk, is die man vas aan die slaap. En ek het skaars 5 minute gestap.

Hierdie paranoïse ouma moet toe eers seker maak dat hy nie dalk verstik het nie. Die ogies gaan halfmas oop, die mondjie gaan oop dat ouma kyk dat daar niks in is nie en weg is hy weer.

Ouma ken hom al so goed. Ons gaan na die klubhuis, waar hy motorfietsie ry en in balle speel en maatjies soek. Dan gaan sit hy by ‘n tafeltjie in die restaurant

en bestel:

Mikshake (Milkshake).

Die kelners ken al die bestelling. Wegneem melkskommel (pienk) vir seuntjie, rooibostee met suurlemoen en heuning vir ouma.

Dan ry ons huis toe, sit ek hom in sy waentjie so teen halftwaalf en teen twaalf is hy vas aan die slaap.

Smarties of te nie …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

10 gedagtes oor “Kleinkindpret: Ons onderhandel vir Smarties

  1. En so leer jy hom van tel en kleure … wat ‘n lekker pret manier van leer! Ek het ook altyd my smarties gesuig tot die sjokolade wys, so een-een op ‘n slag. My ma het altyd gese ek kan ‘n klein boksie smarties rek dat daar genoeg is vir ‘n week lank se smul 😄.

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.