Sondagoggend lê ons so effens laat in. As sewe-uur laat genoem kan word as mens langs die Vaal is. Manlief sluimer weer in terwyl ek op my iPad lees, met my hand oop en plat op die matras tussen ons. Wat ‘n fout!
Toe hy op sy elmboog omdraai om op sy ander sy te slaap, druk hy sy elmboog reg op die kneukels van my regterhand wat oopgesprei op die matras lê.
Toe die pyn deur my hand skiet, is dit te laat om my hand weg te ruk. Selfs al wou ek, is sy 100 kg wat op die punt ingefokus is in elk geval te swaar vir my om my hand uit te kan ruk.
Ek het net gevoel hoe iets beweeg terwyl die rondings van sy elmboog tussen die rondings van my kneukels indruk. Dalk eers op een druk en toe tussen twee ingly. Ek wonder of ‘n vinger sou kon breek onder die gewig?
Ek het niks verwag nie, ons slaap tog al 40 jaar saam sonder dat daar al ooit beserings was.
Die pyn was amper dadelik weg en ek het dus nie gaan kyk wat die skade is nie.
Later die oggend kan ek my middelvinger nie lekker beweeg nie. En toe ek voel wat fout is, voel ek een massiewe, sagte knop tussen my twee kneukels. Drukkende knop omdat daar nie spasie is vir so ‘n groot knop om tussen my kneukels te nestel nie.

Verskoon maar die growwigheid van my hande, hulle kan net nie meer die saniteerders verdra nie.
Dit is so erg dat ek nou die dag vir ‘n assistent wat met haar bottel aankom gesê het dat ek skoon is en dat ek bad. Vir ingeval sy nie weet dat haar klante skoon is nie.
En moes op my tong byt om nie te vra dat sy haarself bespuit as sy nie bad nie. Toe vra ek maar liewer wat in die bottels is. En kan sy my nie vertel nie, maar ek moet stilstaan dat sy my bespuit? Terwyl op die bottels moet staan wat daarin is?
Net vir diegene wat hier lees en so wragtig vir my wil vertel dat dit reg is om gesaniteer te word: (a) lees bietjie oor die skade wat dit doen en (b) ek neem beheer van my lewe deur my eie bottel saam met my te dra.
Die goed wat in die winkels gespuit word, stink. Dit brand my hande stukkend. As jy winkelsentrum toe gaan, word jy so vyf keer bespuit. En die pyn wat daarmee gepaard gaan, is skrikwekkend. Ek sal sowaar sommer net daar gaan sit en huil.
Maar ek kan nie.
Al het ek al in ‘n bank op die grond gaan sit van kwaadgeid.
Dit was in FNB in Welkom. Jare gelede. Ek het die skoolhoof gevra of ek in my afperiode gou bank toe kan gaan om die huis se verband te betaal. En daar staan ek. Enigste iemand in die bank. Kykende na die tellers agter hulle vensters wat sit en eet. Ek kan mos maar wag.
Na ‘n halfuur het ek net daar gaan sit. Op die grond. Tot ek gehelp is. Woedend omdat ek toe laat terug is by die skool. Ek kon binne ‘n halfuur terug gewees het.
Toe bel ek hulle hoofkantoor. Vertel wat gebeur het. En kry ‘n oproep van die hoof van die Welkom tak. Dit sal nie weer gebeur nie. Hoe onprofessioneel is dit om by jou werkstasie te sit en eet terwyl klante moet staan en wag? Gaan eet dan maar liewer agter …
Maar, die saniteerder wat ek saamdra, is ook woes op my hande. Dit bars net nie oop nie.
Iedergeval.
Vanoggend staan ek op en kry die verrassing van my lewe. ‘n Baie groot deel van my hand het oornag rooi-pers geword.

Ek kan my vingers beweeg, dus dink ek nie iets het gebreek nie. Ek kan egter nie gewig dra nie, soos om byvoorbeeld die ketel vol te maak en dan te dra nie.
En die vingers kan reguit mooi oop en toe maak, maar as ek dit anders gebruik, soos byvoorbeeld om ‘n bottel te probeer oopmaak, skiet die pyne daardeur.
Soos ek gesê het, ek dink nie iets het gebreek nie. Maar, dit maak mens tog bekommerd.
En tog het ek gisteraand weer agter sy rug aan die slaap geraak, sonder om te wonder of my hand weer in die slag gaan bly.
***
Seun kry jammer en sê dit lyk of ek ‘n muur geslaan het.
Wel, 100 kg wat op een elmboog in my hand inboor, is seker so goed soos om ‘n muur te slaan.
Met een goeie verskil. My vel is darem nie stukkend nie, net erg gekneus. Ek dink dit sal stukkend wees as mens ‘n muur slaan?
Ek is maar dankbaar dit is net ‘n elmboog.
Dit is my regterhand, ek het die hand vir my navorsing nodig …
Kan beslis nie nou met haar sukkel nie.
Eina! Sterkte. Daar kan maklik iets gebreek wees if n ligament geskeur wees. Si pas hom maar op en luister vir hom…
LikeLiked by 1 person
O goeiste, hoop die herstel kom spoedig, Christa.
LikeLiked by 1 person
Dankie vriendin, dit is seer, maar word nogal gou beter. Seker die koue, of die liefde en omgee van my vriendinne?
LikeLike
Ouch 🤕 I hope it heals quickly, Christa 🤞
LikeLiked by 1 person
Thank you, Jez, it seems to be better than it looks.
LikeLiked by 1 person
Ys, Christa….lyk soos ‘n erge kneusing. Hoop dit raak gou beter. So ‘n seer hand is ‘n pes.
LikeLiked by 1 person
Dit pla nogal, veral die kleur, maar ek kan dit heel goed gebruik as ek nie iets wil draai of swaar goed moet dra nie. Ai tog. Dankie vir die simpatie, vriendin.
LikeLike
Ek sit en wonder nou … wat sou ‘n mens so ‘n besering noem? Besering op diens – nee, seker nie. Besering sonder opsetlikheid? Besering in bed sonder bedoeling?
Dit lyk maar eina … en skielik kom mens mos nou agter hoeveel keer jy jou hand gebruik (sonder dat jy daaraan hoef te dink). Baie sterkte, ek hoop dit raak gou beter – my ouma het altyd geglo ‘n mens moet ‘n asyn lappie op die pyn plaas ☺️.
LikeLiked by 1 person
Laat jy my nou lekker lag. Besering aan dien klink rof, die man was aan die slaap. Ek skat mens niem dit ‘n fratsongeluk. Want sowaar, ons slaap al donkiejare saam in een bed. En dit is die eerste besering as gevolg van die saamslapery. Ek het al vermoed dat die man my gaan seermaak met sy manier van omdraai in die bed. Maar omdat sy kop dan gevaarlik na aan myne kom as ek sit en nog nie slaap nie. Dat my hand in die slag gaan bly het ek sowaar nie aan gedink nie. Kan jy jou voorstel? Mense sal my sowaar nie glo as ek vertel dat ‘n bu oog of bloedneus per ongeluk was nie …
LikeLiked by 1 person
Haha 😄, ja ek skat mense sal moeilik sluk aan so ‘n storie. My man is self nie te rustig met sy slaap maniere nie … my ma se altyd hy spring om (en nie draai om nie). Ek het jou storie baie geniet, dankie!
LikeLiked by 1 person
Dankie, ek waardeer dit baie.
LikeLiked by 1 person
Sjoe, dit lyk eina! Hoop dis sommer gou beter!
LikeLiked by 1 person
Dankie, dit is net seer as ek op sekere maniere gebruik. Wonder waarom dit so verkleur het.
LikeLike
Gekneusde are?
LikeLiked by 1 person
Hmmm, dit klink na groot moontlikheid. Die skade is darem gering vir die gewig wat die ou kneukels moes dra.
LikeLiked by 1 person
Dis nou nie ‘n goeie geskenk wat jy so onverwags gekry het nie. Mens kry ‘n verband wat netjies om jou hand pas. Daar is girtsies om dit stywer of losser te maak. Dis belangrik dat hy die hand nou stilhou en so min as moontlik gebruik. Het paar jaar terug mos my duim beseer en terapeut het spesiale vorm gegiet om my hand stewig te hou. Dis al wat mens kan doen. Veral ook omdat dit ‘n hand is wat jy gebruik.
LikeLiked by 2 people
Baie dankie vir die raad, Scrapy, ek sal so maak.
LikeLiked by 1 person
Ai vriendin, dit lyk seer. Ys 20 minute, hitte 20 minute. As jy naby goeie fisio is, laat hulle ligamente toets en jou strap met KT tape, sal help vir pyn. En kan jou oefening gee om te help. Arnica sal ook help met pyn ( perde salf). Hande spuit….vat eie spuit botteltjie, vat tea tree oil, 2 druppels en maak vol met water. Ruik skerp, baie gesond en haal elk geval pog af en ruik skerp genoeg dat mense dink is sanitizer. Dit is nie gemaak om so misbruik te word soos tans nie en mense besef nie hoeveel hulle van dit absorbeer nie.
LikeLiked by 1 person
Virgo, soos ek verstaan kan die goed kanker en ander siektes aanwakker. Ek weier om soos ‘n insek bespuit te word. Dankie, ek sal oefeninge waardeer. Die raad oor inhoud van die botteltjie ook. Sal kyk of ek kans kry om ‘n fsio te sien. Hoe gaan dit daar?
LikeLike
Dit gaan goed, nog 14 dae oor en dan terug in Dubbels, kan nie wag nie. Ek haat dit net so
Kyk na jouself, gaan nou doeks🌻🌻
LikeLiked by 1 person
So waar is jy? Seker nie hier by ons in RSA nie? Dan neem ek aan Aba is nie so lekker nie. Dit is seker baie warm daar?
LikeLike
Ek nog in Al Ain, oase in Abu emirate. So 140km van Dubbels af. Hitte raak erger nou, so 32 grade in oggend as werk toe gaan, Dubbels erger oor humiditeit by. So ek en aircon groot vriende weer. Verlang erg SA toe, ek laat jou weet as daar is, ons het lang koffie ( rooi tee) om op te vang🌻
LikeLiked by 1 person
Ons het beslis. En ek bly nou naby almal
LikeLike
👍🥳🥳
LikeLike
Ai, ek hoop jou hand is al reg.
LikeLiked by 1 person
Hy is, baie dankie, Ek dink die winter help …
LikeLike