Hierdie inskrywing is weer deel van ‘n uitdaging en nie kenmerkend aan my inskrywings nie. Eerder ‘n soort van kragtoernooi, om saam met die towerinne te kan gesels.
***
Ek is nogal bekommerd, hoop die towerinne gaan nie die optrede kanselleer nie. Want Steve Hofmeyr word die laaste tyd oral geboikot. Tog gaan ek glo dat my keuse van musiek vir ons aandjie in die amfiteater byval gaan vind. Hier kom die vyf in geen spesifieke volgorde nie, dit kan maar enige tyd van die aand opgevoer word.
1. Amazing grace
Ek kry nie video op YouTube nie, beskikbaar by:
https://music.apple.com/za/album/amazing-grace/714066295?i=714066939
Ek is baie erg oor hierdie ene en haal sommer ‘n paar lyne aan. Steve toor met sy stem:
I once was lost, but now I am found …
That saved a wretch, just like me …
Tranetrekmooi!
2. Tjoklitbeksoentjies
Ek kry nie video op YouTube nie. Beskikbaar op iTunes by:
https://music.apple.com/za/album/tjoklitbeksoentjies/713915261?i=713915333
Die keuse van woorde trek my:
Sonder jou tjoklitbeksoentjies so sag soos katoentjies is my hart in stukke gekneus
Jou tjoklitbeksoentjies so rond soos pampoenjies so nat soos ‘n worshond se neus
Sonder jou tjoklitbeksoentjes is ek onvoldoentjies is ‘n halwe boks tjoklits is leeg …
Verskoon maar as ek trane in my oë kry terwyl die ene speel, ek verlang vreeslik na my kleinkinders wat my nog met sulke soentjies groet.
3. Heart
Op iTunes beskikbaar by: https://music.apple.com/za/album/heart/714066295?i
Ek het hierdie Gene Rockwell nommer gelief toe ek klein was. Toe ontdek ek dat hy dat die lied op sy lewe gebaseer het. En dink dit is vreeslik gemeen.
Toe raak ek verlief. Op universiteit. En ABBA se Chiquitita is ons twee se song. Gaan terug na die vakanie en ontdek dat hy die vakansie ander weiveld gaan soek het. En toe eers verstaan ek waarom Gene die liedjie geskryf het. Want ek kon dit hard en met gevoel saamsing. Net verander na him waar Gene her gesing het …
Save yourself for somebody new
Don’t make such a fuss, there is no hope for us …
O heart he does not want me, there is no use in acting this way ..
Save yourself for somebody new
Mens kan nie stry nie, hierdie beat is gemaak om met gevoel saam te sing! as mens kwaad is, as mens hartseer is. Altyd.
Toe kom manlief oor my pad. En Steve sing Gene se Heart. En die slegte herinneringe vervaag. Want my hart is sedertdien veilig by my man.
4. Waarmaker
Op iTunes beskikbaar by: https://music.apple.com/za/album/waarmaker/713732703?i=713734723
Ene wat my altyd trek:
Waarmaker van al my planne, waar is jy nou? waar is jy nou?
Ek is die ene wawielore …
Maak my drome waar …
5. Gatvol
Op Itunes beskikbaar by: https://music.apple.com/za/album/gatvol/714182045?i=714182529
Ek hang aan ‘n tak want die wêreld word te warm vir my …
Hier staan ek en hou my bek en kyk na almal om my wat vrees om êrens anders te wees …
Arm in die sak maar warm in die hart is goed …
Maar dink jy wat jy doen en sê sal keer dat ander wakker lê en wens hy was ‘n ander mens?
En dan:
Is jy bietjie maagvol? Keelvol? Of is jy gatvol verby?
En nog meer …
6. Altyd by jou
Ek kry nie ‘n YouTube video nie. Op iTunes beskikbaar by:
https://music.apple.com/za/album/altyd-by-jou/713915261?i=713915329
of beskikbaar by https://www.shazam.com/amp/track/60559893/altyd-by-jou
Die lied saam met ‘n kinderstem is pragtig! Verbeel ek my of was dit Sonja Herhold se Simeon?
Wat ‘n mooi spel voor die woorde begin.
Hou my hande vas, hou my vir altyd, jy is al wat ek het…
Die foto van ons twee moet jy goed bewaar, as jy weer kyk is ek daar …
Jy weet ek is altyd by jou.
My gevoelens vir my kinders. Veral nou. As ‘n kleinkind vra of hulle saamkom Qazaqstan toe. Want hoe moet hulle weet hoe onmoontlik ver dit is? Ons kan dit nie gou-gou doen nie.
Hierdie groepie is ou gunstelinge, op die album Skree is elkeen ‘n gunsteling.
- Redgebed
- Feeslied
- Voertsekdag
- Breek jou belofte
- Skree!
Daar is vele meer. Vir nou volstaan ek hierby.
Foto-erkenning: Itunes musiek
Neem gerus saam met ons deel https://fresh.inlinkz.com/p/24f3cd306d0d4f75a62c1f4aaa1fa76f