Het jy iemand al soveel vertrou dat jy hom met jou persoonlike lewe ook vertrou het, net om later agter te kom dat hy (of sy) ‘n skurk is? Wel, ek het. En ek moet seker nie verbaas wees nie, want ek is geneig om mense die voordeel van die twyfel te gee …
Lees voort “Hy is toe al die tyd ‘n ongure karakter …”Kategorie: Tegnologie
Uiteindelik leer ek my Pentax K20D ken
Ek het in Januarie 2010 vir myself ‘n Pentax DSLR kamera gekoop. Of liewer, my suster het hom namens my in Amerika gekoop. Ek was nogal ontevrede, want sy het besluit dat ek nie die gewone lens nodig het nie en so onderhandel dat ek eerder ‘n teleskooplens kry. Sy teleskopiese lens kan tot 250m infokus om my te help om goed baie nader te bring. Maar waarvoor sou ek dan soveel wou hê?
Lees voort “Uiteindelik leer ek my Pentax K20D ken”WordPress alweer useless!!!
Ek het in die verlede al oor WordPress gekla. Die ontwikkelaars dink hulle is oulik, ontwikkel aan die toep en dan werk niks nie. Tans dwing hulle alweer dat ek na die blok-redigeerder oorskakel.
Lees voort “WordPress alweer useless!!!”Trots Afrikaans … my leuse ook
My webwerf se leuse is mos Trots Afrikaans. Ek is werklik trots op my taal wat teen alle verwagtinge heen aan die suidpunt van Afrika ontwikkel het. Daarom het die woorde my soos magneet getrek toe ek nou deur DSTV soek vir iets wat ek kan luister – sonder om te kyk.
Lees voort “Trots Afrikaans … my leuse ook”‘n Nuwe blaadjie vir my blog …
Ek het, toe ek die blog begin het, ‘n gemaklike uitleg of tema gekies. Of dalk sommer net vinnig een gekies wat by my behoeftes pas.
Lees voort “‘n Nuwe blaadjie vir my blog …”Onderwysers se persepsies van Facebook en Gesels.net as e-leeromgewings: implikasies vir nood-afstandonderwys
Hierdie artikel het so pas in LitNet Akademies (Opvoedkunde) verskyn.