Gepubliseer in Tegnologie

‘n Nuwe blaadjie vir my blog …

Ek het, toe ek die blog begin het, ‘n gemaklike uitleg of tema gekies. Of dalk sommer net vinnig een gekies wat by my behoeftes pas.

Maar, ek jeuk die afgelope ruk om die beter te maak, iets anders te kies. Wat sê ons gereeld vir mekaar?

‘n Verandering is so goed soos ‘n vakansie?

Wel, dit is. Ek hou sommer baie daarven en dit voel of iets op my te doen lysie afgehandel is.

Die lekker is dat blogvriendin Anne dit toe ook dadelik raaksien, sy vertel in die kommentaar op gister se skrywe dat sy van my nuwe “look” hou. En dit maak my so opgewonde dat ek tog wil vra:

Wat dink jy van my nuwe blaadjie vir my blog?

Die tema se naam is Scratchpad. Ek hou van:

die verskillende kleure en Ek hou van die skrif en kleure en het nie daaraan verander nie.

  • die verskillende kleure en agtergronde wat die fokus op elkeen plaas
  • die kleurskema, het dit nie verander nie
  • die font, net so gehou
  • die skryfbenodighede tussen blogs
  • die manier waarop foto’s van skrywes “vasgehou” word.
  • en die koevert vir kommentaar

Lewer asseblief kommentaar, ek sal graag wil hoor wat jy van hierdie skooljuffrou-tema dink.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

34 gedagtes oor “‘n Nuwe blaadjie vir my blog …

  1. Dit lyk spoggerig! Ek het ironies ook deur themes begin gaan en die ene get ook my oof gevang, maar beslis jy. Dink nie skool juffie nie, die georganiseerde skrywer

    Liked by 1 person

      1. Ek sal weer aandag gee daaraan wanneer my kids huistoe gaan, terug Pretoria toe. Ek moet juis ook aandag gee aan hoe ek aan beide tale gaan verdeling gee.
        My idee was inisieel net Afrikaans, met tyd het dit in hibriede suite geword.
        Sal dit waardeer as jy kan help met konstruktiewe kritiek oor my pad vorentoe. Daar moet Nederlandse been bykom, so ons het heelwat on te deel oor ons Taal en my pa se familie geskiedenis van 1902 af.

        Liked by 1 person

        1. Maryke, ek het nie regtig raad nie. Wat ek sou doen, is om Afrikaans die hooftaal te maak – en elke artikel in al drie tale te skryf. Ek sien my een vriendin doen dit so. Ek het my blog gestel dat mense dit in hulle taal kan lees en dit gee vir my lesers wat Afrikaans glad nie verstaan nie ‘n manier om dit te lees. Dan sit ek bo aan die skrywe elke keer as ek onthou ‘n vrywaring – dat dit vanself in hulle taal vertaal word en dat die vertaling soms nie so goed is nie omdat Afrikaans sy eie woordeskat het. Ek voel sterk oor Afrikaans alleenlik, want ek skryf reeds oor so ‘n wye verskeidenheid onderwerpe dat ek nie verskillende tale ook wil bygooi nie. as ek op ander se skrywes kommentaar lewer, doen ek dit in hulle taal. Ek sou dalk selfs verskillende kleure of font – italic of so – gebruik om te onderskei tussen die drie. Op dalk ‘n mooi prent vir elkeen maak om aan te dui dat dit die vertaling is. Help dit?

          Like

          1. Dit gee my idee om my pa se storie in Afrikaans te skryf en die stories wat almal so humoristies vind. Die res het ek al so ver in Engels geskryf, my eie lewe, hou my en sy kant apart in tale en dan die res soos jy Sal sien is bykomstighede vir interessantheid

            Liked by 1 person

          2. Dan het jy reeds ‘n perfekte manier om te skei. Jy sal sien ek het op my blog ‘n artikel begin wat Inhoud getitel is. As mens na christavanstaden.com gaan, sien jy dit heel eerste. Ek het my blog onder kategorie georganiseer en die skakels na elk van die kategorieë daar geplaas. Dalk kan jy dit doen – Afrikaans – Engels – Nederlands? Of My Pa se stories – My blog – Nderlandse vertalings?

            Like

          3. Ek sal beslis weer herorganiseer, ek wil my foto’s ook reg inkorporeer oor ons passie vir plante en die antieke meubels ens lewe gee. Baie kleurvolle pa gehad met verskriklike sarkastiese sin vir humor. My admin kant het nie sterk begin, maar ook nie oor begin en als delete nie.

            Liked by 1 person

          4. Nee, asseblief tog nie, moenie oor begin nie. Dit sal mens se spoed breek. Gebruik kategoriee om te organiseer, en dalk inhoudsopgawe soos ek. Kategorie behoort perfek te werk. Dit is makliker.

            Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.