Ek is ‘n absolute ondersteuning van Afrikaanse TV-reekse, stories, flieks en musiek. Nie tot op die vlak waar ek enige iets as goed sal beskryf nie, maar ek gee die Afrikaanse werke ‘n goeie kans voordat ek dit afskiet en nie verder kyk of luister nie.
Kategorie: Resensies
Boekresensie: James en die reuse perske
Nog ‘n boekresensie uit die pen van die 9-jarige Chrisjan. Ek geniet sy resensies vreeslik baie, die taalgebruik van ‘n seuntjie wat dit geniet om boeke te lees.
Boekresensie: Donker drif
Iewers in my lewe het ek ‘n hekel aan dik boeke gekry. Tussen skoolhou en kinders groot maak en self studeer en navorsing, is daar nie tyd om dik boeke te lees nie. En ek word nie in vrede gelaat om my boeke te lees nie, ek moet by al die huishoudelike take ook uitkom.
Boekresensie: Hondman
Nog ‘n boekresensie uit die pen van Chrisjan (9). Hy is darem een van die dae 10, sy ouma spot lekker dat hy nou ‘n tiener is. Dan reageer sy mamma met: “Nee, eers op 13!” en dan lag ons twee soos samesweerders …
Resensie: Lioness (reeks op Mnet)
Ek het die afgelope ruk die advertensie vir ‘n nuwe Suid-Afrikaanse reeks op M-net gesien.
Boekresensie: Die seerowers en die spookskip
Nog ‘n resensie deur die 9-jarige Chrisjan. Hy verslind boeke, daarom is die uitdaging aan hom gestel om resensies oor die boeke te skryf.