Ek het nie veel erg aan vaders- en moedersdag nie, maar die kinders het mos met moedersdag gevra dat hulle pa my in Kuruman bederf. Aangesien hulle myle weg is. Maar, dit is basies onmoontlik. Want Kuruman Sondae so toe soos ‘n klei os se watsenaam is.
Lees voort “Vadersdag by Mattanu privaat wild reservaat, distrik Barkly Wes, Noord-Kaap”Kategorie: Resensies
Avokado’s … herstel vertroue in mensdom
Ek het op Telegram by ‘n Kuruman groep aangesluit waar ek ‘n advertensie van Frikkie gelees het. Hulle lewer avokado’s op die N12 en N14 af, al die pad verby Kuruman en Kathu. En ek het ‘n swak plekkie vir avokodo’s, wat op die oomblik nie alleen baie duur is nie, maar ook reeds halfpad vrot gevat wanneer ek dit koop. Dus reageer ek op die advertensie.
Lees voort “Avokado’s … herstel vertroue in mensdom”Die Byl – TV-reeks resensie
Ek het nou die dag geskryf dat die huis by Boesmansgat ‘n plek vir die skiet van Die Byl kan wees. Ek sien ek het nog nooit iets oor Die Byl geskryf nie …
Lees voort “Die Byl – TV-reeks resensie”Trots Afrikaans … my leuse ook
My webwerf se leuse is mos Trots Afrikaans. Ek is werklik trots op my taal wat teen alle verwagtinge heen aan die suidpunt van Afrika ontwikkel het. Daarom het die woorde my soos magneet getrek toe ek nou deur DSTV soek vir iets wat ek kan luister – sonder om te kyk.
Lees voort “Trots Afrikaans … my leuse ook”Dit waardeur akteurs en aktrises moet gaan …
Ek het onlangs oor die nuwe TV-reeks op Woensdagaande geskryf.
Boekresensie: Elf dae in New York
Skryfster: Elizabeth Wasserman