Ek het die afgelope ruk die advertensie vir ‘n nuwe Suid-Afrikaanse reeks op M-net gesien.
Natuurlik het die naam my aandag getrek. Leeuwyfie.
Ek glo ek is een. My sterreteken ook. Ek laat niemand toe om my kinders seer te maak nie, net soos ‘n leeuwyfie. Ook nie my man nie, al is ek kwaai met hom. Werk daaraan om nie so te wees nie. Sy ook nie, maar omstandighede was anders vir haar, hulle het wel seergekry. Haar man ook.
Ek het nogal daaraan gedink dat die foto van die hoofkarakter my baie aan Charlize Theron laat dink het. Nie dat ek ‘n aanhanger van haar is nie, die ooreenkoms het my net opgeval.
Ek het tot Saterdag nog net nie daarby uitgekom om die reeks te begin kyk nie.
Toe ek egter Vrydag in die nuutste Huisgenoot lees dat Steve Hofmeyr se vorige vrou, Natasha Sutherland in die reeks speel, het ek die naweek besluit om na die eerste episode te kyk. Want … ek kon nie glo dat sy en die hoofkarakter een en dieselfde mens is nie. Wel, sy is toe nie die hoofkarakter nie. Sy is een van die bykarakters.
Shannon Esra speel die hoofkarakter. En hier is foto’s van die ander karakters. Interessant dat daar staan familie, want dit is eerder die hoofkarakters. En Natasha word nie as een van die hoofkarakters voorgestel nie?
Ek het nog nie van Shannon Esra gehoor nie, toe soek ek bietjie op. Sy het haar deurbraak in Bollywood films gemaak. Dit is nou die Oosterse weergawe van Hollywood. Maar, sy het al in Suid-Afrikaanse films gespeel. Glad nie ‘n onbekende nie. Sy is blykbaar oor ‘n sangeres.
Ek het niks daarvan gesien nie.
Lees gerus meer oor die reeks by hierdie skakel: https://m-net.dstv.com/show/lioness
Ek gaan nie een episode kan misloop nie.
Gelukkig kyk ek op CatchUp. Dit is bietjie laat in die aand vir ons om na reekse te kyk, manlief staan baie vroeg op. Ons slaap teen nege lankal.
Lioness is ‘n kragvertoning van Suid-Afrikaanse filmbedryf …
Die fotografie is uitstekend, ek hou baie van die manier waarop die leeuwyfie in die temalied ingeweef is. Shannon is ‘n uitstekende akrise en het nie relatief bekendes soos die redakteur van Sinbin (Getroud met Rugby) nodig om haar rol uitstekend te vertolk nie.
Die ander karakters vertolk hulle rolle met net soveel oortuiging, maar sy staan uit. Kop en nek. Ek kan nie glo hoe vinnig ek my in die reeks ingeleef het nie. Gewoonlik neem dit ‘n rukkie.
Die karakters word interessant aan mens bekend gestel … en die terugflitse na die verlede help om te verstaan waarom sy tronk toe gestuur is. Want, die reeks begin waar sy na 8 jaar vrygelaat word uit die tronk. En volg blykbaar haar pad om haar onskuld te probeer bewys nadat sy uit die tronk gekom het. Maar, sy kry die wind van voor. Dit gaan ook nie so maklik wees om haar kinders se vertroue te wen nie.
Die jongste was maar skaars een, ken haar glad nie en die nuwe stiefma (Natasha) het haar ook nie vertel dat sy nie haar eie kind is nie. Wat my nou laat wonder, moes haar broer en suster daaroor stilbly dat hulle ‘n ma in die tronk het?
Die reeks word Donderdagaande om 20:30 uitgesaai. Op kanaaal 101. M-net.
Kyk gerus en laat weet my wat jy daarvan dink.
Hier is ‘n voorsmakie om jou lus te maak om te kyk …
Sjoe! Wat ‘n uitstekende resensie. ‘n Goeie voorbeeld van hoe dit kan lyk! Jy het soveel moeite gedoen met die visuele materiaal! Natuurlik bly die skryftalent nie uit nie. Jy het my baie nuuskierig gemaak om die reeks te kyk.
LikeLiked by 1 person
Dankie, San. Bloos ek nou. Die reeks is fantasties geskryf, ek wag in spanning vir wat volgende gaan gebeur.
LikeLike