Skryfster: Elizabeth Wasserman
Elf dae in New York handel oor ‘n tiener skooldogter wat ‘n skoonma gekry het van wie sy nie baie hou nie. Die vrou is soveel anders as haar ma, wat oorlede is. Sy en die stiefsuster, wat in New York mode-ontwerp studeer, het dan ook nie ooghare vir mekaar nie – beide stiefma en steifsuster is in die modebedryf en sy het nie erg aan modes nie.
Haar pa dink dit is ‘n goeie idee dat sy saam met stiefma New York toe gaan – vir elf dae. En dit is hier waar die poppe begin dans en sy vrywillig verplig by die modebedryf betrokke raak. Want, twaalf van ‘n mode-ontwerper se couture-rokke word ontvoer voor ‘n baie belangrikegloansbekendstelling – en sy moet help om die rokke op te spoor.
Ek het die beskrywing van New York en sy gebou baie geniet, dit het gevoel of ek dit in my gedagtes kon sien. Want ek verstaan die gevoel om die aarde en die lug en sonsopkoms en sons-ondergang te sien in ‘n stad waar die wolkekrabbers om jou jou uitsig versper.
Ek kan die boek aanbeveel om in klaskamers gelees te word, om voorgeskryf te word. Tieners sal met die hoofkarakter kan identifiseer weens haar lewensbeskouing, haar gesukkel om ‘n stiefma te aanvaar, die rusies tussen halfsusters/stiefsusters. Hulle behoort ook die leidrade te geniet wat haar gehelp het om die ontvoerde rokke op te spoor. Natuurlik is daar ook ‘n liefdesverhaal ingeweef, die ridder op die fiets wat haar help om die rokke op te spoor. En almal wat my ken, sal weet dat ‘n hond my soos ‘n magneet trek.
Maar, ek moet ook noem dat die keurige taalgebruik my getrek het. Gedeeltes uit die boek kan ook in die taalklas hanteer word. Ek dink dit kan ook gebruik word om mondeling en stelwerkonderwerpe te kies.
Ek moet bieg, ek het die kaart voorin die boek nou eers werklik raakgesien. Dit kan beslis tydens die lees van die boek gebruik word om die lesing baie interessant te maak veral as leerders rigting moet aandui. Of padaanwysingings moet neerskryf …
Ek sien die boek word vir kinders van 12 tot 14 aanbeveel. Ek sou dit ook vir seniors aanbeveel. Daar is genoeg stof vir die letterkunde klaskamer. Volwassenes behoort die verhaal ook te geniet.
Dankie! Hoekom kry ek dan nou self lus om hoerdie boek te lees? Ek is baie lief vir jeugboeke.
LikeLiked by 1 person