Inkopies in ‘n vitamienwinkel in Qazaqstan

Ek het so gestaan en wag by die een aptekie toe 'n pakkie my aandag trek. Kollageen wat op die gesig geplak word. Ek het net daar gekoop, want my brein het half laat weet dat dit is wat my gesig nodig het. Is sy nie slim nie? Tuis gekom lees ek meer oor kollageen … Lees voort Inkopies in ‘n vitamienwinkel in Qazaqstan

Om tee in Qazaqstan te bestel

Twee van ons klein winkeltjies verkoop 'n nuwe etiket tee. Curtis. Ongelukkig hou beide net enkeles daarvan aan. Nadat elke geur aanvanklik op die rakke was. Noudat my smaakkliere aan ander geure gewoond geraak het, het ek verskeie kere gaan kyk of dit op die rakke is. En niks gekry nie. Toe besluit ek om … Lees voort Om tee in Qazaqstan te bestel

Op en Af: blitssepie

Het jy vorige blitssepie van Netwerk24 gekyk? Die Testament. Ek het aanvanklik gedink dit is sommer laf. Hoe kan mens 'n storie volg as dit elke dag minder as vyf minute lank is? Wel, mens kan. As jy nie het nie, hier is 'n voorsmakie van wat in minder as as twee minute vertel kan … Lees voort Op en Af: blitssepie

Lente is slush Puppy tyd in Qazaqstan

Interessante naam wat ek en manlief vir hierdie tyd van die jaar geskep het - slush puppy tyd. Kyk maar na die foto, die sneeu lyk soos slush puppies wat mens in flieks koop. Ek is mal oor slush puppies. En ja, ek weet ek is nie kinders, soos hulle in daardie een advertensie aspris … Lees voort Lente is slush Puppy tyd in Qazaqstan

Die lekker van vriendinne en kubervriendinne (-vriende)

Ek skryf laas week in my dat ek 'n kluisenaar is. Net een vriendin op skool gehad het. En een hier. Daarmee het ek 'n hele klomp vriende te na gekom. Want ek het aan die mense gedink met wie ek baie ure van my lewe om 'n potjie tee, vroeër koffie en nog vroeër 'n … Lees voort Die lekker van vriendinne en kubervriendinne (-vriende)

Sesde seisoen van When Calls the Heart: kritiese blik op effekte

Ons het die eerste vyf seisoene van When Calls the Heart ge"binge"kyk. Die een na die ander. Soms na een in die nag gaan slaap. Om te kyk wat verder gebeur. Soms naweke in die huis gebly. Om die storie te volg. En toe is daar lang gaping tussen die vyfde en sesde seisoene. Ons het … Lees voort Sesde seisoen van When Calls the Heart: kritiese blik op effekte

Skandeerder probleme in Qazaqstan

Winkels moet al meer doen om te keer dat produkte sommer net weggedra word. Oral in die wêreld. Hier in Qazaqstan vertrou die mense mekaar. Seker maar omdat produkte tradisioneel agter toonbanke uitgestal is. En kopers moet wys en vra om aan te gee en te betaal. Op die mark word produkte in houers uitgestal. … Lees voort Skandeerder probleme in Qazaqstan