Ek sien lesers geniet my vertellinge oor ons lewe in Kazakhstan, daarom gaan ek gereeld foto’s plaas wat aan daardie lewe herinner.
Lees voort “Bessies met wolmussies in Ust”Kategorie: Reisjoernaal
Raad om my blogs oor Kazakhstan te lees
Ons het in Januarie 2019 gaan kyk hoe Kazakhstan lyk omdat my man daar wou gaan werk. Gesien dat mens nie sterf as jy buite kom as dit -38 grade Celsius is nie – en op 5 Maart 2019 met ses tasse en my Thermomix in Almaty geland om 18 maande in Kazakhstan te bly.
Lees voort “Raad om my blogs oor Kazakhstan te lees”Akkerlaning in Almaty, Kazakhstan
Vandag herinner my iPad my aan hierdie foto. En dit bring goeie herinneringe mee.
Lees voort “Akkerlaning in Almaty, Kazakhstan”Kan die son en ‘n wolk mens bang maak?
Ons het die naweek N1 om gery na ons plekkie langs die Vaal nadat ons jare lank die pad tussen Parys en ons plekkie vermy het. Kan ek raai tien jaar? Hoofsaaklik weens baie slegte slaggate, wat ons al meer as een keer langs die pad laat staan het met ‘n waentjie waarvan die wiel gebars het.En toe weens padverbouings …
Lees voort “Kan die son en ‘n wolk mens bang maak?”‘n Motorwassery in Öskemen
Toe ons na Öskemen, ala Ust’-Kamenogorsk in Kazakhstan getrek het, het ons aanvanklik motorloos gegaan. Daar koop mens ‘n motor kontant, dus moes ons eers spaar om ene te kon bekostig.
Lees voort “‘n Motorwassery in Öskemen”Prentjiemooi Öskemen, Kazakhstan
Soms herinner my iPad my aan foto’s wat ek in Öskemen, ala Ust’-Kamenogorsk in Kazakhstan geneem het. En dan kan ek nie help om verras te staan nie. Omdat ek Ust (ons troetelwoord vir die stad) eintlik as super oud en glad nie modern onthou nie.
Lees voort “Prentjiemooi Öskemen, Kazakhstan”