Gepubliseer in Reisjoernaal

Water … bevrore water … oral

Vandag herinner my iPad my aan hierdie foto. En dit bring soveel pragtige herinneringe mee …

Die foto is op 22 Februarie 2020 om 16:20 op die hawe van die Öskemendam in Ust’-Kamenogorsk, ala Öskemen, in Kazakhstan, wat tydens ons verblyf sy naam na Qazaqstan verander het geneem.

Vir my lyk dit of die verandering na Qazastan nie eens in Kazakhstan vinnig gaan geskied nie. Dus gaan ek maar by Kazakhstan hou. ‘n Mens spreek Öskemen as Uskimin uit as jy daaroor nuuskierig was. Tog spreek ek en manlief dit as Oskemen uit, maar ons liefienaam daarvoor is Ust, wat vir al die inwoners baie vreemd op die oor was, waarskynlik omdat daar ‘n hele paar Usts in die land is. Die voorvoegsel Ust beteken iets soos langs die rivier.

Die foto is in Februarie 2020 geneem. Toe het die virus reeds in Sjina, wat so 150 km oos van ons was, amok gesaai. Die stad Wuhan was darem 3 374 kilometer van ons af. Dit is eers in die volgende maand as ‘n pandemie verklaar. Toe het ons nog vry en rustig geleef. Nie geweet dat ons nie ‘n maand later sou kon terugkom nie. Sewe maande later steeds geen vlug terug sou kon kry nie …

Ons het twee nuweling-uitlanders in die stad op ‘n uitstappie na die mooi plekke van Ust geneem. En vir my was Öskemendam een van die plekke om te besoek as jy in Ust was.

Die dam is gebou om hidro-elektrisiteit aan die stad te verskaf. Ek het al oor die dam self vertel. Lees gerus hier dit is baie interessant. Die wal het die tweede hoogste slot (lock) in die wêreld, maar is die hoogste een wat in gebruik is. ‘n Slot is ‘n plek waar skepe ingaan om in fases vanaf die hoogliggende deel van die rivier (die dam) na die vlak van die rivier daaronder geneem te word.

Dit was my gunsteling jas, en het my warm gehou in die koue land. Ek het al vertel dat dit daar in die winter -38 grade Celsius word. Wel, Desember, Januarie en Februarie is van die koudste maande in Ust, dus was dit goed koud op hierdie dag.

So koud dat die damvlak steeds vasgevries was. En ons moes deur kniediep sneeu stap om naby die hawemuur/heining te kom om hierdie foto te neem. Ek is nogal bly dat ons die twee saamgevat het, al het die vriendskap gevou. Anders het ons nooit so mooi foto van ons twee by die hawe gehad nie.

Agter ons is drie skepe wat steeds vasgevries in die hawe gestaan het. En ver agter, aan die oorkant van die dam, is die vakansiehuise van die rykes in die stad of omgewing. Die huise lyk egter nie soos die huise van biljoenêrs nie.

Die Kazakhs se salarisse is baie swak, baie swakker as dit wat hulle buitelanders aanbied om te kom help om die land te ontwikkel.

Kazakhstan is erg oor ontwikkeling, hulle het ongeveer dieselfde tyd as Suid-Afrika van regeringstelsel verander. Die Kazakhs was van die laaste nasies wat hulself onafhanklik van Rusland verklaar het. Dit het in 1991 gebeur. Anders as Suid-Afrika, wat in 1994 demokraties geword het, gaan die land nie agteruit nie.

Dit ontwikkel op alle vlakke, vir hulle is opvoeding ‘n gegewe. Nie iets waarmee gespeel word vir politieke doeleiendes nie.

Die Kazakhs identifiseer hulle begaafde kinders en hulle word in spesiale skole onderrig. Hulle kry ook beurse om oorsee te gaan studeer om die kennis terug te bring om die land te ontwikkel.

Daarom is Kazakhstan so na aan my hart. Vir hulle is hulle kinders hulle alles. Pappas loop op straat met die kinders, speel in parke met hulle kinders. Kinders gaan oral saam met hulle ouers.

Want … Kazakhstan is ‘n land wat weet waar sy toekoms is … In die hande van sy kinders …

Ek neem met die foto aan Jez se water water everywhere uitdaging deel.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

11 gedagtes oor “Water … bevrore water … oral

    1. Una, ek kan nie sê dat ek terugverlang nie, eerder iets soos heimwee. ‘n Pad wat ons geloop het en nie weer sal loop nie. En die foto’s bring verskriklike spesiale herinneringe. Dan verlang ek beslis na Mia.

      Like

  1. So South Africa is sliding down the helterskelter? I wondered? I know poeple in Kenya and education there is for the ultra rich, everyone has to pay else you can’t go to school. Some future it has with so many denied education.

    Liked by 1 person

    1. Totally sliding down the drain. Corrupted politicians and their families and friends have stolen money set aside for upgrades, leaving the country for long hours without electricity. The Afrikaans school system is still fine, we do not have a lot of private schools. Can’t use the matric stats to decide if education system is failing because they have a) lowered standards to pass (33%); and (b) the results are statistically manupilated. In some way, the educational system is still functioning. Because of teachers.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.