Vanoggend soek ek ‘n foto om vir Nowathome te wys nadat sy ‘n foto van Club Mykanos se donkie geplaas het. En kry dit nie met die soekfunksie nie, ek sal deur al die foto’s moet gaan om dit te kry.
Maar toe sien ek hierdie foto, van myself wat met my foon op Kaapstadse lughawe speel.

Daar is eintlik veel meer, seker so agt. Want as ek eers aan die gang is, neem ek meer as een foto. Net ingeval een beter as die ander een is.
Dit haak seker vas uit my jonger dae, toe daar nie iets soos digitale foto’s was nie. Toe het mens slegte verrassings gekry as die foto’s ontwikkel en die een waaroor jy gaande was nie ordentlik ontwikkel het nie.
Sommer baie sleg gewees. Tog sien ek dat ek ook nie na die tyd die foto’s uitvee wat nie mooi is nie. Dus is daar amper 100 000 foto’s in my foto gallery. Dalk iets om Desember te doen om te ontspan? Onnodiges en lelikes kan uitgevee word.
Iedergeval, hierdie foto laat my soos ‘n reus voel, met die piepklein Kulula wat opdaag om ons terug te bring na Gauteng.
Ek sien skielik ook die ou wat skuins oor my skouer loer.
Hy was eers glad nie in die prentjie nie, maar toe kom hy al nader om te kyk wat ek doen …
Hy lyk geïnteresseerd in wat ek doen, maar voel tog of hy in my oë kyk in die venster.
Terwyl ek salig onbewus was van sy teenwoordigheid.
Nie heeltemal so ‘n lekker gedagte nie, maar, dit neem steeds nie die grootse gevoel weg nie.
Ek voel soos ‘n reus wat afkyk op die vliegtuigietjie.
Ek is mal oor hierdie foto, selfs al is hy weens die terugkaatsings nie mooi in fokus nie.
My gunsteling vakansie plek? Kaapstad
My gunsteling goedkoop lugredery? Kulula (alhoewel ek vermoed hulle word te duur)
My gunsteling waarna ek uitsien? Die rit bokant die aarde as ek by die venster kan sit en sien hoe my geografiese kennis onder my werklikheid word.
Dis ‘n baie interessante foto Christa! Hoop jy kry die donkie foto ook.
LikeLiked by 1 person
Ek gaan nou soek, dit is mos weer load shedding. As ek nie my sondes ontsien nie …
LikeLike
Hier by ons ook 🤔
LikeLiked by 1 person
Ek is so moeg daarvoor, vlieg sommer bedags oor Kazakhstan toe vir vrede.
LikeLike
Ons is op met dis krag stories. Nou lol die internet ook! Moet data gebruik🙄
LikeLiked by 1 person
Ek sien daar is nou ‘n app Mylio wat glo kan help met fotos liasseer ens. Maar ek hou van die foto. As daai nou ‘n bus was kon dit ‘n baie goeie omslag vir ‘n boek gewees het
LikeLiked by 1 person
Ek sal bietjie kyk daarna, dankie, Woordnoot. Waarom ‘n bus?
LikeLike
Ek verduidelik dit vandag in my blog waarmee ek besig is….
LikeLiked by 1 person
Die foto is só besonders! Jy sal hierdie trick moet verduidelik! Ai, ek wens ek kon die tegnologie jol soos jy!
LikeLiked by 1 person
Ek weet glad nie hoe ek dit reggekry het nie. Wou die vliegtuig afneem en toe sien en wat ek sien en neem af …
LikeLike
Unieke foto,Christa.
LikeLiked by 1 person
Dankie vriendin
LikeLike