Ons het in 2019 ‘n paar keer met Turskish Airlines tussen Johannesburg en Ust-Kamenogorsk (Kazakhstan) gevlieg. Dit was heelwat goedkoper as ander rederye. Maar, ons moes heen en weer 16-uur oorstaan op Istanboel in Turkye.
Lees voort “Vissermanne op brug in Istanboel”Kategorie: Reisjoernaal
Karwas in Upington
Valentynsnaweek 2021 het ons die kar gepak en vir die naweek na die Augrabiese waterval anderkant Upington gegaan. Want dit het vir weke gereën en die waterval, wat eintlik selde baie water oor sy afgrond stoot, het in sy volle glorie oor die rotse gestort.
Lees voort “Karwas in Upington”Somer, son en see …
Vanaand wil ek sommer net iets korts skryf, iets oor dankbaarheid vir somer, son en see.
Lees voort “Somer, son en see …”Sneeubedekte hange by Shumbulak, Almaty
Vandag herinner my iPad my aan hierdie foto wat ek in die eerste week van Maart 2020 geneem het toe ons weer ‘n keer na Shumbulak ski-oord in Almaty gegaan het om die wonderlike sneeulandskap te beleef.
Lees voort “Sneeubedekte hange by Shumbulak, Almaty”As kleingeld getel moet word …
Woestynkind vertel sy was ‘n teller op haar dag in die bank. En dat sy vandag baie lus was om ‘n teller in die bank te help om haar kleingeld, wat sy reg in sakkies gesit het, te tel.
Lees voort “As kleingeld getel moet word …”As ek maar soos die natuur kon wees …
Hierdie foto is in Junie 2019 in die Zhastar park in Ust-kamenogorsk (Öskemen) in Kazakhstan geneem. En dit laat my elke keer daaraan dink dat dit goed sou wees as ek maar soos die natuur kan wees.
Lees voort “As ek maar soos die natuur kon wees …”