Nou die dag stap ons in Arzan, ‘n supermark wat met Suid-Afrika se Metro vergelyk, om kos te koop. In Öskemen.
Lees voort “‘n Diep laai met 32 pare sokkies vir Qazaqstan”Kategorie: Reisjoernaal
Almaty, stad van pragtige sonsondergange
Ons woon op die 14de vloer van ‘n woonstelblok in Almaty. Sedert die 29ste Junie 2020. Ek weet, 8 in Öskemen was al klaar hoog. Veertien is baie hoog. Maar ek kon doodeenvoudig nie vir hierdie uitsig oor Almaty nee sê nie.
Lees voort “Almaty, stad van pragtige sonsondergange”As ‘n Qazaq-paartjie ons twee as voorbeeld van getroudwees sien …
As mens vir my kinders, toe hulle kleiner was, sou vra, sou hulle waarskynlik antwoord dat ek en manlief nie baie gelukkig getroud is nie. Gits, as ek nou so na ons tweetjies kyk, kan ek nie glo dat ons soveel vasgesit het toe hulle nog in die huis was nie. Hy is tog my droomman, die enigste ou waarmee ek wou trou.
Lees voort “As ‘n Qazaq-paartjie ons twee as voorbeeld van getroudwees sien …”Sykouse in Qazaqstan
Nou ja toe! Wie sou kon raai dat mens ‘n inskrywing oor sykouse sal kan maak. Veral ekke, wat dié kledingstukkies maar verdra het toe ek moes.
Lees voort “Sykouse in Qazaqstan”Braaivleis in Almaty
Ons het die laaste twee weke in Öskemen nie gebraai nie, waarskynlik omdat manlief mos so gou begin pak het. Alles wat in hulle eie bokse kon kom, is in hulle bokse gesit en toegeplak. Die elektriese braai ook.
Lees voort “Braaivleis in Almaty”Eerste Maandag in Almaty, laaste Maandag in Öskemen
Ons is nou een week in Almaty. En ek kry nou eers kans (of lus) om hierdie artikel klaar te maak.
Lees voort “Eerste Maandag in Almaty, laaste Maandag in Öskemen”