Goed, ek weet. Agteros kom ook in die kraal. Wens ek het dit in Suid-Afrika leer gebruik, dan hoef ek nie so te gesukkel het om die Russies te ontsyfer om te verstaan hoe dit werk nie.
Lees voort “Maggi sakkies in Qazaqstan”Kategorie: Reisjoernaal
Naalwerkskêre in Qazaqstan
Hierdie artikel volg op ‘n plasing in ‘n naaldwerkgroep of FB, asook ‘n vriendin se plasing op haar eie FB-muur. Spotprente wat twee naaldwerksters gedeel het oor hulle houding as iemand met hulle naaldwerkskêr gerwerk het.
Lees voort “Naalwerkskêre in Qazaqstan”Pret en petaljes eerste twee weke in Almaty
Ons is nou twee weke in Almaty. Aan die een kant het die tyd gevlieg, aan die ander kant staan dit stil. Want dit wat ons die graagste wil doen, kan ons nie doen nie. Maar, dat ek dan maar van die pret en petaljes gedurende die eerste twee weke vertel.
Lees voort “Pret en petaljes eerste twee weke in Almaty”Aalwyne en ander huisplante in Qazaqstan
Ek dreig al so lank om hierdie artikel te skryf. Toe oortuig Anne, ‘n blogvriendin, se kommentaar op my kommentaar op haar foto my om dit vandag te skryf. Ek skryf oor die stoute sprinkaan wat die blare eet en sy antwoord dat aloes en grasshoppers ‘n wêreld verwyder is van waar ek nou is. Ek is regtig so ver weg, 10 000 km, of is dit nou nadat ons nader getrek het 9000 km?
Lees voort “Aalwyne en ander huisplante in Qazaqstan”Ek en my Bybeltoep
Ek het op 16 April, toe die inperkings hier en in Suid-Afrika verleng is, besluit dat ek die inperking so gaan bestry – deur die Bybel van voor tot agter te lees. Soos wat ek nog altyd wou.
Lees voort “Ek en my Bybeltoep”Ocean Basket in Almaty
Ons het in Maart 2020, net voor die grendeltyd begin het, in Almaty kom toer. Vir ‘n lang naweek. En toe ontdek ons Ocean Basket naby Almaty hotel in ‘n wandellaan. En ja, ons was verras, want is Ocean Basket nie eg Suid-Afrikaans nie? En hier kry ons een in Qazaqstan se hoofstad. Natuurlik moes ons daar gaan eet.
Lees voort “Ocean Basket in Almaty”