Toe ons einde Januarie 2020 wildvreemd in Kazakhstan geland het, het die een tolk van Almaty ons gehelp om die week gemakliker om te kry. Sy het vir ons getolk. En so het ‘n band oor internasionale grense heen gevorm. ‘n Vriendskap met een van die jong vrouens van Kazakhstan.
Sy is van Koreaanse afkoms. En ja, sy dink Koreaanse produkte se gehalte is beter die gehalte van die produkte wat in Kazakhstan op die rakke is. Al kry mens bykans alles wat in Suid-Afrika te koop is op die rakke hier. Natuurlik met Russies op die etikette.
Haar hare blink. Dit lyk gesond en ek besluit ek moet beslis eerder die produkte koop wat sy gebruik. Dit was egter nie in Ust-Kamenogorsk op die rakke nie. Ek het verlede jaar al geskryf oor hoe die weer my hare hier beïnvloed.
Dit kry maklik elektrisiteit en plak dan aan alles om my vas. Maak sulke lang vingers wat aan alles om my wil vat. Of dit plak teen my vas. My voorkop, my wange, my hande. My klere. So asof die hare verlief is, of dalk eerder in ‘n trans. Hulle soek aandag.
Toe ons in Almaty aankom, bel ek haar. Sal sy asseblief vir my wys waar ek haar haarprodukte kan koop.
So is sy saam met my na Dostyk toe. Waar ek die produk by Nature Republiek kon koop. Goed duur, bykans R400 vir die kleine houertjie. Maar my hare hou daarvan. Hulle lê soek teen my skouers af, los my en ander rondom hulle uit en blink. Want sien, die haarsjampoe is spesiaal vir die probleem met my hare gemaak.
Ek kyk rond terwyl die vrou iemand anders help en sien pakkies gesigmaskers. Wil een uithaal om te kyk, die meisie verduidelik ek moet al vyf vat as ek koop. Vriendin tolk vir my.
Nee, dit werk eintlik so: Dit is in pakkies van vyf opgemaak. Ek moet tien vat, dan kry ek nog tien by. Dus twintig maskers. Ek staan die somme en maak en besluit dit is nie te veel vir die twintig maskers nie. Maar ek gaan so wraggies nie twintig van een soort koop nie.
Nee, dit is reg, ek kan vier verskillendes kies. So kies ek avokado, aalwyn, she butter en groen tee. Daar was baie meer, maar dit het my skoon deurmekaar gemaak, dus het ek by die vier gehou.
Altesaam het die haarproduk en die maskers my R600 uit die sak gejaag. Ek betaal nie sommer soveel vir my haarprodukte nie. Ook nie vir velprodukte nie.
Tog voel my vel soos ‘n nuwe sikspens nadat die maskers so tien minute op was. Laat manlief lekker skrik. Maar dit is deurskynende velletjies papier.
Ek gaan hom nog een van die dae inwag met daardie gekleurde room wat mens aansmeer en wag dat dit droog word. Kry mens dit nog? Ek sal vir groen gaan, dit behoort hom goed te laat skrik as hy dink ek is met ‘n marsvroutjie vervang.

Die foto met die masker is geneem en vir my kinders gestuur om hulle bang te maak. Ek het my oë maar weggesteek hier.
Oppas,Christa,dit mag dalk backfire!
LikeLiked by 1 person
Sjoe, ek hoop nie so nie.
LikeLike
Tensy dié backfire beteken dat hy dalk nét van daai groen maskergesiggie hou🤩
LikeLiked by 1 person
Ek het nou so gelag! Ek gaan moet soek, koop en probeer.
LikeLike
😆
LikeLiked by 1 person
Hy mag dalk nét van daai groen maskergesiggie hou!
LikeLiked by 1 person
Dalk net. Ek sal maar gesigte moet trek ook …
LikeLike
😂🤣😅
LikeLiked by 1 person
Jy het my aand gemaak. Ek het nou so gelag. Sien manlief met sy marsvroutjie.
LikeLike
Ja.Cute!
LikeLiked by 1 person
Ek hoop net daai Beauty Salad werk beter as Samsung se substandaard katoeters!
LikeLiked by 1 person
Op my ouderdom is dit net bederf, dit help seker nie regtig nie ☺️
LikeLiked by 1 person
Hehehehe my pa het altyd vir my ma gese hy is bly sy probeer steeds, as sy besig was om haar gesig op te sit.
LikeLiked by 1 person
Oulik.
LikeLiked by 1 person
die hareding sal dit vir my doen. My ma het altyd gesê grys hare is moeilik, nou sê y haarkapster ook so en ek vind dit so.
LikeLiked by 1 person
Ek het weer gedink grys gaan kaliker wees. Myne voel dikker as my ander hare. Hmmm, nou wonder ekk of dit gaan wees.
LikeLike