Manlief het, so waar as wraggies, drie selfone – ‘n Suid-Afrikaanse een, ‘n Kazakh een waarvoor die werk ‘n sim gegee het en ‘n eie Kazakh een waarvoor hy ‘n sim gekoop het nadat hy hom so drie maande gelede bloedig vererg het [die besonderhede is vervelig, het te doen met limiete op rekenings as mense van die huis af werk, dus vertel ek nie]. Hy het net besluit dat hy sy eie foon nodig het. ‘n Kazakh ene.
Lees voort “‘n Prettige oomblik in Kaz as ek nog deur die slaap is”Kategorie: Reisjoernaal
Op pad terug na my land, Suid-Afrika
Na sewe maande van mag nie na my land teruggaan nie, kan ek nie vir jou begin vertel oor die opgewondenheid om permanent huis toe te gaan nie. En dit is uiteindelik naby.
Lees voort “Op pad terug na my land, Suid-Afrika”Spesiale vrouens in Almaty groet
Toe ons Almaty toe getrek het, is ek by die WhatsApp-groep vir die Engelssprekende vrouens van die myngroep gevoeg. En so het ‘n hele paar van die wildvreemde vrouens mooi boodskappe gestuur om my in Almaty te verwelkom. En dit was lekker om te weet dat hier vrouens is wat Engels kan praat. In Ust was Engelssprekendes so min soos naalde in ‘n hooimied.
Lees voort “Spesiale vrouens in Almaty groet”My eerste haarsny in Kazakhstan
Ek wou nog nie my hare in Kazakhstan sny nie. Hoe gaan ek vir die vrou vertel wat ek wil hê? Hoe gaan ek beduie hoe lank dit waar moet wees? Ek het al vertel dat ek selfde uit ‘n haarsalon stap en met my hare tevrede is. Dit lyk wel mooi as ek uitstap, maar wanneer ek dit self moet hanteer, is dit ‘n perd van ‘n ander kleur.
Lees voort “My eerste haarsny in Kazakhstan”Om die bus te vat in Almaty
Ons moes bank toe, maar Dusty is mos verkoop. En manlief hou nie van taxi’s nie. Ek moet half saamstem.
Lees voort “Om die bus te vat in Almaty”Karma is haar naam
Interessant hoe die twee stoute goed in ons lewens vrouename gekry het. Tropiese siklone en die idee dat wat ek aan ander doen soos ‘n boemerang na my gaan terugkom. Goed of sleg.
Lees voort “Karma is haar naam”