Ek en manlief het my verjaarsdag verlede jaar alleen in Kazakhstan gevier, met geen hoop om in die afsienbare toekoms in ons eie land terug te wees nie.
Lees voort “‘n Verjaarsdagbederfie …”Kategorie: Joernaal
Alles en nog wat in Afrikaans
Gholf in Almaty
Ek het al vertel dat ek en manlief net een keer op ‘n gholfbaan in Almaty was. Wel, vandag herinner my iPad my aan hierdie foto wat vandag my hooffoto is.
Lees voort “Gholf in Almaty”Kuberbekruipers …
Ek geniet dit om nuwe Afrikaanse woorde te sien ontwikkel. Een wat onlangs my aandag getrek het, is kuberbekruiper.
Lees voort “Kuberbekruipers …”De Vette Mossel – Hartbeesfontein
Ons geniet dit om vir my verjaarsdag as gesin saam uit te eet. Hierdie foto is op 13 Augustus 2017 geneem, dus 4 jaar gelede. By De Vette Mossel by Harties. Una, ek neem aan jy ken die plekkie?
Lees voort “De Vette Mossel – Hartbeesfontein”En toe kan ek nie my hoenderaftreksel eet nie …
Ek wou vandag ‘n resep vir hoenderaftreksel plaas. Wat blykbaar baie goed vir die ingewande is. Skoondogter sê mens noem dit prebiotika. Ek wou dit probeer omdat ek die afgelope maand – na intensiewe kursusse antibiotika – ‘n probleem met die goeie bakterieë in my ingewande het.
Lees voort “En toe kan ek nie my hoenderaftreksel eet nie …”In Traktir, ‘n restaurant in Ust’-Kamenogorsk …
Vandag herinner my foon my aan hierdie foto, van my en manlief in Traktir, ‘n restaurantjie in Ust’-Kamenogorsk, ala Öskemen, in Kazakhstan. Geneem op 31 Januarie 2019.
Lees voort “In Traktir, ‘n restaurant in Ust’-Kamenogorsk …”