Ek het al vertel dat ons by die rivierhuis ‘n probleem met verdomde vlieënde voorwerpe (lees vlermuise) het. En dat ek doodbang vir die goed is.
Lees voort “Eina! Verdomde Vlieënde Vlermuise (VVV’s)”Kategorie: Joernaal
Alles en nog wat in Afrikaans
En nou is daar ‘n vyfde oseaan
Vandat ek kan onthou, het die aarde vier oseane gehad. En nou is daar vyf en die moontlikheid dat ‘n sesde wat in die volgende miljoen jaar gaan ontwikkel.
‘n Oseaan word normaalweg omskryf as die wateroppervlak tussen twee of meer vastelande. Sedert 1915 het karteerders vier oseane (met hulle seë) geïdentifiseer, naamlik die Stille Oseaan, die Indiese oseaan, die Arktiese oseaan en die Atlantiese oseaan.
Die Stille oseaan is die grootste en beslaan ongeveer ‘n derde van die aarde se oppervlak. Hierdie oseaan lê tussen Australië en Asië aan die een kant en Noord- en Suid-Amerika aan die ander kant. Interessant om te weet as mens in gedagte hou dat die aarde se oppervlakte ook 30% beslaan.
Die Atlantiese oseaan is die tweede grootste en beslaan ongeveer 20% van die aarde se oppervlak. Hierdie oseaan verbind Afrika en Europa met die ander kant van Noord- en Suid-Amerika.
Die Indiese oseaan is die derde grootste en bied ‘n belangrike handelsroete tussen Afrika en Indië omdat die twee vastelande verbind word.
Die Arktiese oseaan word by die noordpool aangetref en is die minste sout van al die oseane weens die vars water wat gereeld vorm as yslae smelt.
En onlangs, op 8 Junie 2021 om presies te wees, is ‘n vyfde oseaan benoem, naamlik die Suidelike oseaan. Soos sy naam aandui, word hy by die suidpool, of Antarktika aangetref. Die oseaan is benoem omdat hy op belangrike wyses verskil van die drie oseane wat aan hom grens, naamlik die Stille, Indiese en Atlantiese oseaan. Anders as in die gewone sin van die woord oseaan, word die oseaan nie tussen twee of meer vastelande aangetref nie, maar omring die Suidelike oseaan die hele Antarktika (sien foto). Sommiges verwys na hierdie oseaan as die Antarktiese oseaan.
Ek vind dit baie interessant dat die nuwe oseaan in my leeftyd benoem is. Heel waarskynlik omdat ek nou my Geografie aantekeninge sou moes aanpas om erkenning aan die vyfde oseaan te gee. Ek kan byna met sekerheid voorspel dat hierdie oseaan deel van die matrieks se eindeksamen gaan vorm. Dit is ‘n belangrike gebeurtenis as ‘n nuwe oseaan na meer as ‘n eeu benoem word.
Die uitsig van ‘n sesde oseaan wat gaan vorm, voel nie soos ‘n werklikheid nie omdat dit binne die volgende miljoen jaar gaan gebeur. As die voorspelling natuurlik waar is … Geeneen van ons gaan dan nog die aarde bewandel nie.
2020 se kerstafel by Rebusfontein …
Hierdie hoofstuk vorm deel van die Towerinne/Goue Vroue se avonture. Ons is die hoofkarakters in ons eie vervolgverhale (natuurlik) en ons fantasie stories is vir ander ondenkbaar, ondoenbaar en onverklaarbaar. As jy die verhaal wil volg, moet jy op die onderstaande skakel kliek om die hoofstukke te lees. Na myne sal daar gereeld nuwe hoofstukke bygevoeg word. Totdat ‘n ander fantasie ons aandag vereis. Dan begin ‘n nuwe vervolgverhaal, ek bedoel avontuur.Lees die ander bloggers se bydraes by ons InLinkz-skakel https://fresh.inlinkz.com/party/1109950914194acc97921a784266b3ec
***
Hierdie jaar het vol belofte begin. Ons was expats (wat ‘n lelike naam), ons was pas terug van kersfees in Suid-Afrika, ons sou Maart weer huis toe kom om ons jongste kleinkind te ontmoet. Die ses vlugte was reeds bespreek. Hy is op die laaste dag van Maart gebore. En toe gebeur die ondenkbare … alle lande in die wêreld sluit hulle grense. Ons ses vlugte heen en weer word gekanselleer. En ons sit tot 4 Oktober 2020 vasgevang in Kazakhstan. Eintlik moet ek skryf dat ons tot 3 weke voor die 4de Oktober nie geweet het of ons vir kersfees 2020 sou kon huis toe kom nie.
Die eerste twee maande na 17 Maart 2020 was soos iets uit ‘n bangmaakfliek.
Ons het kaartjies gekry wat ons toegelaat het om ewe dae uit ons huis te gaan. Net om kos en medisyne te koop. Wat minder as 500 m van ons af beskikbaar was. Naweke was ons opgesluit in die stad. Polisie het seker gemaak dat ons nie die stad verlaat nie. En niemand van die platteland kon in die stad kon inkom nie.
Ust’-Kamenogorsk – ala Öskemen – het ons tronk geword.
Mens was bang om in ‘n hysbak te wees. Het skielik nie meer mense gegroet nie. Ons moes met maskers loop. En ons hande oral laat skoonmaak. Dit was sowaar skrikwekkend om in ‘n apteek te wees. As iemand hoes. Want die virus was onbekend.
Later kon ons enige dag winkels toe gaan. Maar naweke was winkels gesluit. En nog later was winkels naweke oop, maar vakansieplekke steeds toe. Dit was ‘n anderste tyd. Ons was basies vry om te doen wat ons wil. Behalwe om oor die grens huis toe te gaan. Suid-Afrika se grense was steeds toe.
Einde Junie het ons Almaty toe getrek. En kon ek oor die stad uitkyk tot diep in die binneland in. Vanuit die vensters van ons woonstel op die 14de verdieping.
Toe bid ek by my oop venster terwyl ek oor die stad uitkyk:
Vader, help ons om kersfees te wees waar ons hoort. By ons kinders en kleinkinders.
En so val alles in plek sodat ons permanent huis toe kon kom. My hart loop van dankbaarheid oor. Anders as wat ek verlede jaar gedink het, sal kersfees nooit vir my vol sneeu moet wees soos in Kazakhstan nie. Ek soek geen wit kersfees nie.
Ons het ons eerste kersete Donderdagaand die 17de Desember in Umdloti gevier. Soos elke jaar as al my kinders nie kersdag by my kan wees nie.
En my tafel was maar karig gedek. Met wat in die gastehuis beskikbaar was. Ons het, anders as gewoonlik, potjie geëet. Geen kalkoen, geen gammon, geen klappers, geen kersboom met liggies. Ons was maar versigtig om winkelsentrum toe te gaan.
Want daar is stories dat matrieks ‘n groot fees in Umhlanga gehou het. En ‘n gogga laat versprei het. Ek is siek vir die naam daarvan, daarom net gogga. En daarom moes ons maar versigtig wees. Dis geen lersversierings gekoop nie.
Ek wou goed saamvat, maar ons het in Julie 2019 ons huis opgepak dat hy kan verkoop. En ek weet nie in watter boks die kersfeesgoed by die rivier verpak is nie.
Ons gaan kersfees saam met dollatjie en ons drie kleinseuns by die rivier hou. Seun en baba en skoondogter is steeds by die see, kom eers net voor nuwe jaar terug. Daar is wel kersversierings by die rivier. En dollatjie sal haar liggies saamvat.
***
En toe kry ek die skok van my lewe.
Mede-towerin en goue vrou Una dink ek is netjies en georganiseerd. En stel my sowaar aan om die kerstafel by Rebusfontein vir ons Goue Vroue te dek.
Wel, Una, ek het ‘n skok wat op jou/julle wag. Want hierdie vrou is nie so georganiseerd as wat jy/julle dink nie. Ek ly wel aan oudstekindsindroom, daarom sal die tafel gedek word. Ek waarsku net dat dit ‘n wilde rit – ek bedoel tafel – gaan wees ..
***
Eerste goed eerste.
Alhoewel Toortsie en Appeltjie die manne in hulle lewe saamgevat het Rebus toe net nadat dit kastig in die niet verdwyn het, word die kerstafel gedek sonder plek vir mans. Dit is tyd om te gesels sonder om aan mans se fiemies oor kos te dink. Dié tafel is net vir vrouens gedek.
Vroegoggend is ek reeds op om die tafel te gaan dek. Boerboelmodel Markus gevra om my net na vyf te kom wakker klop. Wie kan nou sukkel om wakker te word as hy voor my na die meent stap?
Mensig, ek hou baie van die Boerboel kleertjies wat hy dra. Veral omdat dit van voor nie so styf sit soos van agter nie …
Hy dra een massiewe ronde tafel op sy skouers, soos my pa altyd ‘n sak mielies oor sy skouer kon gooi. Ek dra die sakke met besonderhede waarmee die tafel versier gaan word. Daarna dra hy die messegoed en breekgoed aan.
Terwyl ek die bloedrooi tafeldoek in die lug opgooi dat die briesie dit oor die tafel kan sprei.
Dié takie moes ek meer as een keer herhaal omdat hy my aandag aftrek as hy wegstap om nog goed te gaan haal. Dan land die tafeldoek op die grond en nie oor die tafel nie.
Daarna is daar nie meer tyd om te ginnegaap nie. Die tafel moet gedek word. As die goue vroue aka towerinne opstaan, moet die tafel vir hulle wag.
Die piepklein kersboompies word in die middel van die tafel geplaas. Wittes, om my aan die sneeu te herinner wat nou dikker as ‘n meter in Öskemen (Ust’-Kamenogorsk) in Kazakhstan lê. En my daaraan te herinner dat my kerstyd nie weer so sal lyk nie. Dankbaar dat die Here my gelei het om in die vlees in Suid-Afrika te wees. Kersgety te vier saam met my gesin en die goue vroue.
Vrolike plekmatjies word gedek vir al die goue vroue wat reeds aangekom het, wie se liggies in hulle huisies gebrand het toe ek gisteraand gaan loer het. Feestelike prentjies wat die kersverhaal uitbeeld op elkeen gedruk. ‘n Wegneemgeskenkie vir my maters.
Nadat ons van die piekniek af terug gekom het, het ek probeer seker maak wir almal daar gaan wees. Ekke, Una, Toortsie, Appeltjie, Aalsie, Trommeltjie, Positief, VirgoC, Woordnoot, Seegogga, Sonell.
Ek weet ook Frannie wil bitter graag saam wees, maar sy is steeds in Amerika vasgevang. Ander het ook nog nie na Rebus teruggekeer nie. Die matjies vir die wat nie daar kan wees nie, word op ‘n tafel geplaas waar Toortsie die kos gaan uitpak. Dalk verras hulle ons?
Daarna volg die wit borde, vrolike rooi servette, ragfyn silwer servette om die rooies af te rond. ‘n Stukkie luuksheid wat ek ons gun na die jaar wat ons vir ‘n lang ruk vn ons geliefdes geskei het.
Die silwer messegoed met die fyn goue afwerking in die stele daarvan het ek spesiaal van Kazakhstan gebring. Asook die glase met die goue afwerking aan die rande daarvan.
In die middel van die tafel word plek gemaak vir die lemonades wat ek reeds gemaak het. Sitrus, met die lemoenstukke en gemmer en naeltjies wat daarin dryf om die smaakkliere te prikkel. Veselperske, wat ek vir die eerste keer probeer maak het, ek wonder hoe dit gaan proe. Komkommer, mint en gemmer is ook ‘n eerste probeerslag, dit herinner my aan die hitte van hierdie mooie land van ons. Peer, appel, bessies en aarbeie, elkeen met sy eie geheime bestanddele om die goue vroue te betower. Dit is soveel anders as die Suid-Afrikaanse lemonades, min gas, baie geur. Hulle staan in my yskas en wag om later uitgebring te word.
Oor elkeen van die stoele word kersvaderbaadjies gedrapeer, met die bande wat dit om die stoele hou. Dan word ‘n kersvadermussie oor die stoele gedrapeer.

Markus staan saam met my na die tafel en kyk.
Laat hom na die plaas verlang, het hy te vertelle. Kersfees saam met sy gesin. Dan raak hy haastig, hy moet sy ma en ouma gaan help tafels rondskuif.
Die tafel is gereed vir die goue vrouens wat netnou sal ontwaak. Toortsie sal vir die kos sorg.
Wel, Una, ek hoop jy hou daarvan. Ek het lekker gespeel met gedagtes.
Hoofstuk 18. Die sondes van die vaders
‘n Volgende hoofstuk in die gesamentlike blogverhaal van die Towerinne. My tweede hoofstuk. Die vorige hoofstukke kan hier gelees word.
***
‘n Hele aantal geraamtes is ontdek en daar is verklaar aan wie elkeen behoort. Tannie Frannie het in die vorige hoofstuk verklaar waarom die twee kinders se geraamtes in ‘n kis in die tonnel onder die herehuis Eden was. Hier volg my hoofstuk.
***
My drie Miniatuur Schnauzers het in die toring van Frannie se huis saam geluister, en bly luister lank nadat ons klompie towerinne huiswaarts is om die nuutste ontknopings te verstaan. Ons koppe het gedraai.
Una, Kameel en Vuurvliegie het my woewe aangemoedig om mooi te luister wat die ander woewe en katte kon uitvind. Sodat ons die geheime vir eens en altyd kon uitpluis. Virgo C, Hester en Positief het gesê dat hulle sukkel om alles te verstaan, ons moet rus ook.
Toortsie en Trommetjies het saam met my huis toe gestap. Toortsie omdat sy ook vir die donker bang was. Trommeltjies omdat sy geweet het dat ons twee vir die donker bang was. Ek moes egter die laaste deel van die paadjie alleen stap, maar het gesien dat Lorenzo op ‘n afstand saamstap. Dus het ek op ‘n wolkie huis toe gestap. Mooie man daai ene!
Die volgende oggend was die towerinne dou voor dag uit die bed. Almal het op my huisie se stoepie kom plek soek om te sit.
Sommiges het maar lekker deur die blare gelyk, hulle hou mos van sonsondergang, die son kom vir hulle heeltemal te vroeg op. Lekkervurig en Perdebytjies was amper laat. Perdebytjie het haar kamera vergeet. Seegogga het gegaap, maar dit probeer wegsteek. Bondels het weer prentjies geteken, sy kan die werk van die tekenaars in die hof oorneem, so vinnig doen sy dit. Scrapy het haar aan die prentjies sit en verwonder. Frannie was angstig, sou my woewe so goed soos hare geluister het? Woordnoot het aangemoedig, kom nou BB, ons wil nou weet! almal is hier.
***
BB het soos gewoonlik grootmejuffrou op my skoot kom sit. Half bo-oor my, soos sy gewoonlik maak. Sobek het oor my een hand kom staan sodat ek hom kon krap, en Shilo oor die ander een. Hulle het geluister hoe hulle ma vertel. Soms reggehelp as sy van die spoor afgedwaal het. En dan het sy haar eers vreeslik gewip. Ongeskikte kinders!
En so het ons towerinne verder gehoor wat daardie laaste dae op Eden gebeur het.
***
Sophia was baie omgekrap omdat meneer Hardy die geheim oor die kinders so ongenaakbaar op Klara se sestiende verjaarsdag bekend gemaak het. Ook dat hy hulle oupa is en die kok hulle ouma. Koel en berekenend. Watter soort oupa doen dit?
Jou ma is nie jou ma nie, Charlotte is. Jou pa is jou pa. En ek en tannie Marks is jou ouma en oupa.
Klara was platgeslaan. Het na haar toe gehardloop. Om getroos te word. Sy kon nie jok nie.
So? Haar pa is ‘n rondloper. Hy en Charlotte was haar ouers. En nie Sophia en hy nie. Die vrou in die kelder was haar ma! Wat al die jare lank vir haar weggesteek het dat sy haar ma is. Watter soort vrou doen dit?
Vir haar moes sy van haar verjaarsdagkoek vat. Gif sou dalk beter werk. Maar sy is af, het die koek gevat. Op haar sestiende verjaarsdag.
Charlotte het nie geweet dat meneer Hardy vir haar vertel het nie. Sy het die trappies skoorvoetend afgeklim. Wou die koek net neersit en loop. Het niks gehad om te praat nie.
Maar Charlotte wou nie hoor nie. Moes toe probeer om haarself te verontskuldig.
Dit was probleem daardie tyd, Klara, het nog in haar ore geklink toe sy teen die trappies op gehardloop het.
En toe is Charlotte se hand op haar skouer. sy wou haar keer om weg te hardloop. Sy kon die gevoel nie verdra nie, het tyd nodig gehad om dit te verwerk. En toe stamp sy haar weg. Sy het gehoor hoe Charlotte val, maar nie omgedraai om te kyk nie. Sy moes daar wegkom, sy het tyd nodig gehad om te dink.
Haar ma was so ‘n goeie mens. Soms wens sy sy was nie so ‘n goeie mens nie. Klara was die hele week daarna in ‘n toestand. Wou nie uit haar kamer nie. Toe stuur haar ma haar om vir Charlotte te gaan kuier. Op daardie noodlottige dag.
Sy het ja gesê, maar haar hele wese het daarteen geskree. Sopia is haar ma.
Sophia het eers vir haar, Klara, buite-egtelike dogter van haar man Joseph, as haar eie grootgemaak. En toe ook die tweede buite-egtelike kind, ‘n seun, haar boeta Thomas.
Ek haat Charlotte en ek haat my pa! Ek is dankbaar hy is nie nou hier nie.
Toe is sy af kelder toe. Wat daarna gebeur het, is reeds vertel. Behalwe dat Klara, toe sy die vrou in die vreemde posisie op die kelder se vloer gesien het, geweet het dat dit haar skuld is. Haar skuld dat Charlotte dood is. En toe het sy waansinnig geword.
Intussen is Sophia na die skape toe. Daar was ‘n skaap wat gehelp moes word. Die mans was nog weg, maar sy het geweet wat om te doen. Sy was bekommerd oor Klara.
Wat sy nie weet nie, dink Sophia, is dat die twee van die babas ontslae wou raak, dit het vir hulle net oor die lyflike plesier gegaan. Vriende met voordele. Sophia kon dit nie toelaat nie. As plaasmeisie het sy gehelp om baie diertjies in die lewe in te bring, te versorg en groot te maak. Sy kon nie self kinders kry nie. Sy sou nie toelaat dat hulle ‘n menselewetjie neem nie.
Haar son het lank agter ‘n digte wolk verdwyn, maar die blondekop babadogtertjie het ‘n liggie laat opflikker. Sy het haar Klara genoem. Haar sonskynkind. Klara, het so helder en mooi geklink. En so was haar poppie se laggies tot op haar sestiende verjaarsdag.
Terwyl sy Klara versorg het, was sy salig onbewus van die verhouding wat steeds aangaan. Sy het Joseph aanvanklik geglo. Dat hy lande toe was. Sy was so besig met die babatjie.
Maar sy moes geweet het ‘n jakkals verander nie van streke nie. Hoe sê hulle: Een maal ‘n egbreker altyd een. Sy was nie eens geskok toe die twee egbrekers ‘n jaar of wat later aankondig dat nog ‘glipsie’ gebeur het nie. En weereens het sy haar eie hartseer en skok en ongeloof diep gaan bêre. Die seuntje se naam het haar diep getref.
Thomas. Wat die naam ookal vir ander die ander beteken het, vir haar was dit met ongeloof verbind. Hy was nie ongelowig nie, sy was. Sy het Joseph daarna verfoei, met haar take aangegaan, hom haar kamer verban.
Die butler en die kok het geweet, maar sy het nie omgegee nie.
Sy het saans gehoor hoe sy kamerdeur oopgaan, hoe hy in die gang afsluip om na sy loslyf te gaan. Waarom dit ‘n liefdesnessie genoem word, sal sy nooit kan raai nie. Liefde is tussen twee mense wat trou aan mekaar beloof het. Wellus is ‘n beter beskrywing. Wellusgrot? Dit sou beter beskrywing vir die plek van hulle dade wees.
Lief soos sy vir die plaas is, was sy doodbang vir die tonnels onder die huis. Die kinders gereeld gewaarsku dat hulle nie in die tonnels moet speel nie, wie weet watter gevaartes kan van die waterval se kant af in die tonnels inkom?
Later het sy aangedring op ‘n deur in die kelder om die kinders te keer om in die tonnels te speel as sy nie naby is nie. Vir hulle sou sy ‘n leeu kaalhand vermoor. Haar kinders beskerm soos net ‘n leeuwyfie kan. Die twee rondlopers het die deur egter gereeld oopgelos.
Sy het twee sleutels laat maak. Joseph het die een aan ‘n kettinkie om Charlotte se nek gesit. Die ander een het sy self aan Joseph se stel sleutels, wat altyd in sy sak was, vasgemaak.
‘n Week na Klara se sestiende verjaarsdag het haar grootste vrees waar geword.
Sy het van buite ingekom, dit was ‘n moeilike geboorte maar die lammetjie is gered..
Dit was grafstil in die huis. Meneer Hardy en die kok was ook nêrens te sien nie.
Sy het eers weer na buite gehardloop, oral gesoek. Geroep en later geskree. Almal was in rep en roer. Die kinders was weg.
Sy is af na die kelder, sy het mos vir Klara gestuur om haar ma te gaan besoek.
In afgryse het sy na die lyk van Charlotte gestaar, haar neks was gebreek, die hangertjie met die sleutel was om haar nek.
Toe sien sy dat die tonnel se deur oopstaan.
Sy het meneer Hardy eers gehoor en toe in die bek van die tonnel gesien. Hy het hygend en skreeuend geslaan en geslaan. By sy voete was die verminkte lyf van ‘n swart slang. Mamba? Die adder was lankal vermorsel, maar hy het steeds geslaan.
Agter hom het sy ‘n kermende vrouefiguur uitgemaak. Die kok? Mevrou Marks? Wat maak sy in die tonnel?
Hulle het haar nie gesien nie. Gekerm oor testamente en slange en die kinders.
Die kinders? Sy sien hulle nie.
Waar is die kinders? het sy geskree.
Weer en weer en weer. Tot hulle opkyk.
Sy het nie die waansin in meneer Hardy se oe gesien toe hy opkyk nie. Eers die gevaar besef toe hy die yster in die lug swaai. Op pad na haar toe …
***
Die Towerinne het na hulle asem gesnak!
Seegogga het opgewonde op en af gespring. Uiteindelik was dit haar beurt om verder te vertel.
Christa: Hoofstuk 8 – Lady in red …
Hier is die agtste hoofstuk van storie oor die Towerinne en Coronanmouna. Soos gewoonlik by ‘n vervolgverhaal, moet almal wat wil deelneem ‘n inskrywingsvorm voltooi – kry die vorm hier: https://forms.gle/spN3EwV1kt5wGW9F9. Bloggers skryf in die volgorde waarin hulle inskryf – kyk na HIERDIE vorm (spreadsheet) wat outomaties op datum gehou word om te sien wanneer dit jou beurt is om te skryf.
NB! Hierdie uitnodiging is oop vir alle bloggers op alle platforms – ons soek altyd “nuwe bloed” om deel te neem aan ons uitdagings. As jy in Afrikaans skryf, sluit gerus aan by die Towerinne en neem deel aan hulle avonture. As jy nog nooit deelgeneem het aan een van ons uitdagings nie, besoek die volgende skakels Lê-Jou-Eier: Reëls en Lê-Jou-Eier: Hoe neem ek deel? Laasgenoemde blogpos bevat ook al die onderwerpe en skakels na vorige uitdagings.
Onthou ook die addisionele reëls vir vervolgverhale – (1) wag jou skryfbeurt af, (2) wanneer ‘n nuwe blog geplaas word en jy is volgende aan die beurt – gee net eers ‘n dag of wat kans sodat almal die blog kan lees en kommentaar lewer voordat jy jou bydrae plaas en (3) plaas jou bydrae binne die volgende drie tot vyf dae sodat ons nie die vloei van die verhaal belemmer nie.
https://fresh.inlinkz.com/p/c0342166738644c9875c54b4f5669017
Om my hoofstuk te verstaam moet jy dakies net eers die vorige sewe lees. Volh hierdie skakel om hulle te lees: https://fresh.inlinkz.com/p/c0342166738644c9875c54b4f5669017
HOOFSTUK 8
Ek sit in my huisie nr 17 Towerinstraat Rebusfontein en is sommer baie spyt dat ek die Towerinne vertel het dat ek doodbang vir spinnekoppe is. Hoekom het ek nie maar gemaak soos in my eerste jaar as juffrou nie? Dan was ek nou saam met hulle. Tussen hulle.
Ek het by Hoërskool Noordheuwel begin, rykmanskool in Krugersdorp gewees daardie tyd. Ek vermoed dit is steeds. Die hoof het ons klompie groentjies gewaarsku. Wees maar versigtig, die kinders se speelgoed op die oomblik is Tarantulas.
Ek wou die apiestuipe kry. Ek het ‘n heilige vrees vir die goed. Alle agtpotiges. Het gevoel hoe die warm Januarie my bene nog meer laat sweet, druppeltjies teen my binnebene laat afgly. En nee Una, dit was darem nie piepie nie. Daardie tyd het alle knypers nog baie goed gewerk. Ek het in my lang rompe vergaan van die hitte. Ons moes nog sykouse en hofskoene dra.
En toe is dit sewentig keer erger. Spinnekoppe. Grotes, hariges. In ons land. Tarantulas?
Ek het besluit om te ‘fake it till you make it.” En dit het al my wilskrag gekos. Om van Tarentulas te vergeet. Want geen vervlakste kind sou uit my mond hoor dat ek vir ‘n spinnekop bang is nie. So het ek verskeie kere deur die dag kollegas hoor gil en dan baklei. En dan is kinders verby my deur – aan die ore – kantoor toe gesleep.
Tarantula in die laai. Tarantula op die stoel. Tarantula in die handsak.
Ek was veilig. Wat sou die grap daarin wees om my bang te maak? Maar my oë het geweet waar elke spinnekop in die klas was. Elke kind is deurgekyk as hy of sy in die klas in stap. Ek sou weet as een losgelaat word.
En nou is ek stoksielalleen in my huisie … En ek wens ek was nie bangjan nie. Want dit is donker. Almal wat my ken, weet dat ek die bobbejaan agter die berg gaan haal.
Ek wou al soveel keer ‘n boodskap gestuur het om net te hoor hoe dit gaan. Maar veel eerder om te weet wat hulle sien. Doen. Ek moes gereed wees.
Is hulle veilig?
Maar dan is hulle aandag nie op die pad nie. Nie op die kerse nie. En ek wil maar net nie dink wat gaan gebeur as die kerse doodwaai nie.
Dan wag ekke maar.
Ek het, toe dit wil donker word, oorweeg om saam met Kameel en Lorenzo te gaan. Maar sy was nogal kwaad. Toe bly ek liewer om brandwag te speel. Vir ‘n histeriese gil elke keer as ek ‘n spinnekop sien, sien sy dalk nie kans nie.
Spinnekoppe is donker. En so vervlaks klein dat mens hulle nie gou genoeg sien nie.
“Yeah right” Tot die een vir Una weggedra het. Ek verkies om by my huis te bly. Deure toe, ek dink nie hulle kan deure oopmaak nie. Hulle is te groot om by skrefies in te kom. Ek sit in elk geval met ‘n watergeweer vol Domestos gereed. Iets moet help as Doom hulle laat lol, gaan Domestos hulle laat gly? En haarspray. Om pote gommerig te maak.
Waarom die towerinne hulle wil gaan vang en steriliseer en wegbêre weet ek nie. Hoekom Perdebytjie vir spinnekoppe lief is, weet ek nie.
Ek skat daar is drie van ons wat hulle dood verkies. Ek soek hulle dood. Vir my is die enigste goeie spinnekop ‘n dooie spinnekop. Ek is bly ek het my Schnauzers by die huis gelos. BB sou hulle nie los nie… Dan moes ek gaan red.
Skielik hoor ek ‘n geritsel. Wat al harder word. Skoon witgeskrik probeer ek die gedagtes uit my kop gooi. Ja, ek wou hulle mos doodwens. My beurt?
Die geristsel klink nie soos ‘n mens met sy twee bene of ‘n dier met sy vier bene nie. Dit is nie die towerinne nie?
Ook nie soos ‘n voël met sy twee vlerke of die muisagtige vlermuise met lelike, benerige vlerke nie. Darem ook nie soos ‘n duisendpoot met sy 1000 (Hmmm) pote nie.
Ek hoor ses pote. Amper soos die gallop van ‘n perd. Net met die ekstra trippel tussen-in. Met my hart in my keel luister ek verder.
Ses pote, ses pote, ses pote, ses pote …
Sjoe, nou kan ek weer asem haal. Spinnekoppe het agt pote, ek hoor keer op keer net ses.
Diere met ses pote is nie so erg soos die met agt pote nie. Troos ek myself.
Mier? Nee liewer nie, hulle is altyd in hordes bymekaar. Ek hoor nie hordes nie. En ek is moeg baklei teen miere.
Ek verwonder my skielik aan my nuwe gehoor. Man, manlief gaan bly wees. Ek kan nou sowaar ‘n mier of iets buite hoor stap.
Ek skat ek gaan ‘n aanwins vir die sirkus wees. Die vrou met die supersoniese gehoor. Ek hoor al: Dames en here (so uitgerek) verwelkom hierdie towerin in die arena. Sy sal kan hoor as ‘n mier onder jou stoel stap … Dit help om die bang weg te hou.
In ‘n waan van superkragte maak ek die voordeur oop. Miere is klein. En ek kan hulle nou hoor.
Eers sien ek niks nie.
Dan begin dit vorm aanneem.
Poot vir poot vir poot vir poot vir poot vir poot.
Ses pote. Pilare vir pote. Takhaarpote!
Ek kyk op en op en op en dan verstar ek.
‘n Massiewe kop, en een nog massiewer maag is aan die bokant van ses pote. Una se beenhare van die sirkus lyk kort teen die hare wat van die maag en bene afhang. Swart hare, met bietjie rooi daarin. Rooi vir gevaar. So onder die straatligte skitter dit.
Die voorpote is ingevou soos ‘n mens s’n. Een wat iets in sy arms dra. Soos ‘n babatjie vashou.
Een massiewe spinnekop kom na my huisieaangestap.
Ek wil gil, maar kan nie. Ek soek ook nie sy aandag nie, dankie. Hy sal vinniger by my wees as wat ek by die deur kan invlieg en toemaak.
Buitendien, wie gaan my hoor? Lorenzo is ook weg agter die Towerinne aan.
En dan hoor ek die lied wat die spinnekop begin sing, en dan net verder neurie:
I’ve never seen you looking so lovely as you did tonight
I’ve never seen you shine so bright
[As jy dit nie ken nie]
My hart wil gaan staan, het die ding koekoes geraak? Daai is een van my gunsteling liefdesliedjies. Hy kyk na die iets in sy twee voorpote en probeer sien. Hoe lyk sy oë? Dit is belangrik … Kwaai? Vriendelik?
Die lied en die spinnekop trek my soos ‘n magneet, hou my voete en hande vasgevang waar ek staan. Ek kan nie beweeg nie. Voel amper die spinnerakke my wil vasklou.
Wil hy dit beskerm? Of wil hy dit eet?
Hy sien my nie, net nou en dan kyk hy af op die iets in sy arms. Iets wat soos ‘n baba gedra word.
Dan skyn die straatlig vol op die iets in sy arms.
My mond gaan oop om te gil, maar niks kom uit nie. My hart pomp so vinnig dat ek hom hoor.
Liewe hemel, dan kan die spinnekop dit ook hoor? Ek druk op my bors om die klank te probeer demp,
Want – ek het my asem weggeskrik.
Toortsie lê opgekrul in sy arms.
Dit is Toorts met die rooi kopdoek.
Dan sien ek Kameel se sexy rooi bloes, rooi romp em rooi skoene …
Altwee lê ‘happy go lucky’ in sy harige voorpote opgekrul
In die straatlig sien ek hoe Toortsie haar kop oplig, vir die spinnekop glimlag en dan vir Kameel. En haarself opkrul. Terwyl sy die spinnekop se beenhare uit haar gesig hou. Kameel lag en lê soos in ‘n hangmat, bene wat oor die voorpote afhang en op die maat van die musiek swaai.
Betower daardie lied hulle ook? Hoe het hy geweet?
En hy sing van Lady in red …
Wat het hy met hulle aangevang? Verlam?
Is Toortsie en Kameel dronk? Toorts is met witblits hier weg. Drank doen dit aan my, maak my bene lam en dan wil ek net slaap …
Want die Toortsie wat ek ken, sal nie so vir ‘n spinnekop glimlag nie. Selfs nie eens met liters witblits in nie.
Buite sing die spinnekop ‘n nuwe liedjie wat my beenhare, armhare en selfs my tande laat rys.
Hierdie selfisolasie het te lank geduur. Gaan baie langer duur. Ek het koekoes geraak. Of het die spinnekop koekoes geraak?
Ons is gedoem …
Die stemming, alles het buite verander. Die manier van loop ook. Terwyl die woorde van Anton Myburg hard saamgesing word:
Sy is mooier as mooi
elke man is haar prooi ha-ha
En orals waar sy gaan
het die manne tou gestaan ha-ha
Jou nommertjie is op
by die wyfie spinnekop ha-ha
Ja sy gaan eers met jou speel
en dan vreet sy jou op ha-ha
Sy is mooier as mooi
elke man is haar prooi ha-ha
En orals waar sy gaan
het die manne tou gestaan ha-ha
Sy span haar spinnerakke
van die vloere tot die dakke
vir jou
En raak jy daarin verstrengel
dan verskyn sy soos ‘n engel
en vreet jou op
Sy span haar spinnerakke
van die vloere tot die dakke
vir jou
En raak jy daarin verstrengel
dan verskyn sy soos ‘n engel
en vreet jou op ha-ha
Ahoema (14x)
En as sy jou eers kan soen
is daar niks wat jy kan doen ha-ha
Want haar gif is in jou are
en jy droom oor haar vir jare ha-ha
Sy span haar spinnerakke
van die vloere tot die dakke
vir jou
En raak jy daarin verstrengel
dan verskyn sy soos ‘n engel
en vreet jou op
Sy is mooier as mooi
elke man is haar prooi ha-ha
En orals waar sy gaan
het die manne tou gestaan ha-ha
Sy span haar spinnerakke
van die vloere tot die dakke
vir jou
En raak jy daarin verstrengel
dan verskyn sy soos ‘n engel
en vreet jou op
En raak jy daarin verstrengel
dan verskyn sy soos ‘n engel
en vreet jou op
Tickets vir jou pappie
[As jy dit nie ken nie moet jy hierdie skakel https ://youtu.be/VtbLo7vgKI4 kopieer en in jou webblaaier plak. Vee net die spasie tussen die https en die : uit, ek moes dit insit om die skakel te kan deel dat jy dit kan sien. Die prentjie van die video lyk soos onder, Anton laat ongelukkig nie toe dat dit op ander webwerwe speel nie.]
Sy rek en trek die Dit is tickets met jou pappie lank uit terwyl sy vir die twee towerinne kyk. Hulle sien niks, hoor niks, is heel gelukkig in hulle harige hangmat!
Ek was verkeerd! Mans dra nie goed so nie!
Dit is ‘n wyfiespinnekop. Hoe kon ek dit miskyk?
En sy is baie, baie kwaad vir die twee dames in rooi.
Haar hele houding wys sy is kwaad. Sy sing die woorde oor en oor soos wat sy aangestap kom. Marsjeer op die maat van sy lied.
En Toortsie lyk nie bang nie. Kameel lyk nie bang nie. Hulle sien nie die oë nie. Hulle glimlag vir die ding!
Nou kyk, toe kan ek dit nie meer hou nie. Verder gaan ek nie kyk nie.
Toorts en Kameel is, soos ek, bedwelm.
Toe haar kop verby is, vlieg ek die huis in. Sluit die deur. Staan en bewe omdat ek nie kans sien om my vriende te red nie.
Uit die lied verstaan ek waarom sy vir Camilla het. Sy is Rebus se sekskatjie. Maar waarom is Toortsie ook by? Die vrou vrees spinnekoppe, geen mannetjiesspinnekop sou gedink het dat sy aanlê nie!
En tik bewend die boodskap in die Towerinne se WhatsAppgroep. Moet honderd keer uitvee omdat my bewende vingers nie die knoppies kry nie. Oorweeg voice note, maar hulle gaan die vrees hoor. As ek my stem gewerk kan kry.
SOS. S.O.S.
Julle moet kom help! Een ma se spinnekop is nou net hier in die straat af. Groot soos my huis. En sy is op pad iewers heen. Met Toortsie en Kameel in haar arms.
Perdebytjie gaan verder vertel …
Verwysing: https://muzikum.eu/en/123-15244-220284/anton-myburgh/spinnekop-lyrics.html#ixzz6ORbLZQol
Die emmerskoplysies …
Die Goue Vroue het lanklaas ‘n vervolgverhaal geskryf, die laaste een was hulle weergawe van Alice in Wonderland.
Lees voort “Die emmerskoplysies …”