Ek is nie ‘n oefen mens nie, maar as daar ‘n doel is, kan ek dit wel doen.
Lees voort “En nou gaan ek weer in ‘n plek oefen”Kategorie: Joernaal
Alles en nog wat in Afrikaans
Shilo en sy wiele
Dit gaan steeds goed met Shilo. Hy sukkel-stap tot waar ek ookal is om by my te wees. Sukkel, want die senuwee van die linkerbeentjie is aangetas.
Lees voort “Shilo en sy wiele”Nê? Ek dink oumas kan maar presies raai wat by die skool aangaan …
Ek het dit tog so gereeld by my kinders se kleuterskoolonderwysers gehoor. Moenie alles glo wat hulle oor die skool vertel nie. Dan glo ons nie alles wat hulle oor die huis vertel nie.
Lees voort “Nê? Ek dink oumas kan maar presies raai wat by die skool aangaan …”Galmende geweerskote langs die Vaal
Ons is by die rivier. Manlief het vir hom ‘n waterspuitmasjien gekoop en ons sou al ‘n vorige keer die huis begin skoonmaak het. Dit is nou na die groot vloed van Maart 2023.
Lees voort “Galmende geweerskote langs die Vaal”Ek moet ophou om nooit te sê …
Dit is asof goed na my aangetrek kom as ek sê ek sal nie iets doen nie, so asof ek getoets word. En die ergste van alles is dat ek dit in die meeste gevalle dan in elk geval gaan moet doen:
Lees voort “Ek moet ophou om nooit te sê …”Kleinkindpret: Ons stry oor alles …
Oupa merk op dat kleinkind ewe skielik oor alles stry. As jy sê ons gaan nou loop, dan sê hy: “Ons gaan nie nou loop nie!” Ek sien dit pla oupa, maar hierdie ouma geniet dit te veel, want sy was ‘n taalonderwyseres.
Lees voort “Kleinkindpret: Ons stry oor alles …”