So lewer Appeltjie vanoggend kommentaar op my saamgestelde foto-uitdaging #2:
Lees voort “Redigering van foto-storie #12 se foto”Skrywer: Dr Christa van Staden
Foto-storie #12
Hierdie foto vat my 10 jaar terug en ek kan nie glo die tyd het so gevlieg nie.
Lees voort “Foto-storie #12”‘n Nuwe blaadjie vir my blog …
Ek het, toe ek die blog begin het, ‘n gemaklike uitleg of tema gekies. Of dalk sommer net vinnig een gekies wat by my behoeftes pas.
Lees voort “‘n Nuwe blaadjie vir my blog …”My Shilo Schnauzer is nie meer Shy-lo nie …
Ek het al vertel dat ek Rogz harnasse vir my woefkinders gekoop het. En dat dit my ‘n arm en ‘n been gekos het. Maar die harnasse is pragtig pragtig en beslis duursaam. Die knippe het selfs ingeboude slotjies en natuurlik ‘n handvatsel soos ‘n tas.
Kaalvoetkind bied aan om Schnauzers op te pas
Die afgelope ruk is daar opgeskote seuns wat op fietse by ons huis verby ry. Soms net enetjie met baie dik glase in sy bril. ‘n Regte klein wilde wragtig. Loop oral sonder skoene en die pad is besonder warm hier in Kuruman, met klippe en slaggate voor ons huis, vra maar vir my.
Carmién se vanilje mocha rooibostee ‘n koffie treffer
Ek het hier in die Noord-Kaap ‘n nuwe ding ontdek – Carmién Rooibostee. Dit is blykbaar nie nuut nie, Toortsie het op ‘n vorige skrywe van my kommentaar gelewer dat dit haar gunsteling tee is.
Lees voort “Carmién se vanilje mocha rooibostee ‘n koffie treffer”