Om een of ander duistere rede weier Facebook dat ek die skakel na begaafdekind.com met julel deel. Daarom skryf ek nou ‘n artikel op my persoonlike webwerf om dit so met julle te deel. Dit is een van die redes waarom ek sedert Januarie so min op Facebook is – die tegnologie is besig om op grond van sommetjies te besluit wat mens mag sien – en wat nie. Ewenwel, dan deel ek die inligting nou so met ouers en onderwysers.
Lees voort “Bekendstelling van Begaafdekind.com”Skrywer: Dr Christa van Staden
Carmién tee en The Courier Guys – ‘n wenspan
So rukkie gelede skryf ek oor heerlike geure Rooibostee. En blogvriendin Toortsie antwoord daarop dat sy baie van Carmién se rooibostee hou. Dat daar baie soorte is en dat ek gerus by Woolies moet kyk.
Trots Afrikaans … my leuse ook
My webwerf se leuse is mos Trots Afrikaans. Ek is werklik trots op my taal wat teen alle verwagtinge heen aan die suidpunt van Afrika ontwikkel het. Daarom het die woorde my soos magneet getrek toe ek nou deur DSTV soek vir iets wat ek kan luister – sonder om te kyk.
Lees voort “Trots Afrikaans … my leuse ook”Terug in Suid-Afrika waardeer ek klein goedjies
En dan vra julle hoe ek in Kazakhstan oorleef het?
Ons het 18 maande in Kazakhstan gewoon. In Ust’-Kamenogorsk (Russies) of Öskemen (Kazakh), die hoofstad van die Oostelike provinsie, wat eintlik eerder noordoostelike Kazakhstan is, want ons het baie naby aan die grens met Rusland, Sjina en Mongolië gewoon.
Lees voort “En dan vra julle hoe ek in Kazakhstan oorleef het?”
Resep vir aartappelskyfies in lugbraaier
Toe ons in Kazakstan gebly het, het seun ons van air fryers vertel. Iets wat ek glad nie geken het nie. Hoe goed hulle daarmee kos maak – olielose slap skyfies byvoorbeeld. Gesond. En ek was op die plek lus om ook ene te kry – my kleinkinders hou baie van slap skyfies.
Lees voort “Resep vir aartappelskyfies in lugbraaier”