So lewer Appeltjie vanoggend kommentaar op my saamgestelde foto-uitdaging #2:
kyk wat gebeur as jy die tekstuur foto in swart en wit doen?
My kop raak soos ‘n sif, maar die swart en wit steek vas. Die spesifieke foto nie …
Ek het nog nooit aan my foto’s geredigeer nie. Ek weet nie presies waarom nie, want ek het al vir ‘n Photoshop kursus ingeskryf. Maar dit nie klaargemaak nie. Hoofsaaklik omdat ek enige tyd kan teruggaan om dit te doen. Daar was geen druk om klaar te maak nie. En ek het ‘n lys van goed wat gedoen moet word voordat ek kan speel.
Later vandag onthou en die swart en wit raad, maar begin speel met die verkeerde foto – die foto wat ek vandag by foto-storie #12 gedeel het.

En ek moet erken, dit was lekker om met die foto te speel, maar ek gaan dalk steeds die oorspronklike een kies.
Die eerste vier foto’s is met behulp van my iPhone se kleurfunksie geredigeer. Kyk hoe staan BB op sommige van die foto’s uit.

Die volgende vier is met ‘n toep geredigeer. Black and white photo-effects. Die logo daarvan is ‘n zebra, heel gepas.

Dankie Appeltjie. Ek vermoed ek gaan daarvan hou om te redigeer as ek met die regte gereedskap speel, dus sal ek raad waardeer.
Watter toeps gebruik jy om jou foto’s te redigeer?
Christa!Jou blogs is mooi uiteengesit.Ek gebruik sommer my selfoon se edit opsies vir foto’s.
LikeLiked by 1 person
Dankie, Letty-Ann, dit is nogal baie lekker om te hoor.
LikeLike
Ons geniet jou kreatiwiteit!
LikeLike
Dankie, baie.
LikeLike
Om foto’s te redigeer is ‘n wonderlike ervaring. Baie lekker. Ek gebruik ook my foon se eie funksie daarvoor. Sal wel met apps ook wil speel.
LikeLiked by 1 person
Hmmm, dalk moet ons dit weekliks doen?
LikeLike
Sal lekker wees. Klink my jy het klaar ‘n plan!
LikeLiked by 1 person
Nie regtig nie …
LikeLike
Ek gebruik dikwels PicMomkey
LikeLiked by 1 person
Pic Monkey!
LikeLiked by 1 person
Ek sal bietjie kyk daarna. Jou foto’s is mooi.
LikeLike
Dankie. 😉😄
LikeLiked by 1 person