Ek draai die afgelope ruk rondom die gedagte, moet ek al deel, of liewer nie? Miskien moet ek maar net deel en die gevoelens uitskryf, want huissoek is nie speletjies nie.
Lees voort “Huissoek is nie kinderspeletjies nie”Skrywer: Dr Christa van Staden
Boesmansnek, Drakensberge
Ek glimlag lekker toe ek hierdie foto sien. Want dit herinner my aan ‘n verlange wat ek gehad het. Om na ‘n vakansie-oord in die Drakensberge te gaan vir my verjaarsdag. Manlief het by Boesmansnek in die Natalse Drakensberge bespreek en ons het die kinders saam genooi.
Lees voort “Boesmansnek, Drakensberge”Die bytjies en die blommetjies in Öskemen
Hierdie foto neem my terug na ons lewe in Kazakhstan, veral na die 15 maande wat ons in by Ust’-Kamenogorsk, ala Öskemen, die hoofstad van die Oostelike Provinsie van Kazakhstan gewoon het.
Lees voort “Die bytjies en die blommetjies in Öskemen”Ons ondersteun OFM se vetkoek projek in Vryburg
Ons stop mos altyd my Mams net buite Vryburg, so 130 km vanaf Kuruman. Vryburg is die eerste dorp waardeur ons ry op pad na Gauteng en teen daardie tyd het ek en die woewe ‘n lus vir bene rek. Hulle vir ruik aan alles om hulle. Wie het gewaag om oor hulle merke hulle merke te maak? En natuurlik vir nommer 1.
Lees voort “Ons ondersteun OFM se vetkoek projek in Vryburg”‘n Pragtige bos blomme
Vandag deel ek een enkele foto: ‘n Pragtige bos blomme wat my suster vir my ma se 81ste verjaarsdag bestel het.
Lees voort “‘n Pragtige bos blomme”As die son lui raak, is dit koud in die Kalahari
Is dit nie ‘n deeglike beskrywing van my lewe hier in die Kalahari nie. En ek kan natuurlik nie help om die ooreenkomste en verskille tussen my K-lande, streke en dorpe raak te sien nie. Hulle het een ding gemeen, as die son lui raak, is dit KOUD!
Lees voort “As die son lui raak, is dit koud in die Kalahari”