Gepubliseer in Reisjoernaal

Braaivleis op ‘n piepklein stoepie in Oskemen

Na twee maande in ust’-Kamenogorsk moet ons doodeenvoudig self braai. Want braaivleis in die restaurante hier proe nie soos braaivleis soos ons dit ken nie. So stap ons van winkel tot winkel, lekker ver uit mekaar omdat winkels hier baie anders is as in Suid-Afrika, op soek na iets wat sal werk om self te braai.

Lees voort “Braaivleis op ‘n piepklein stoepie in Oskemen”
Gepubliseer in Joernaal

Die ouer-onderwyservenootskap

Ouers vra gereeld vrae op my Facebook-groep RSA-onderwysers soos: Mag ‘n onderwyser so en so straf toepas as kind nie opgelet het nie, huiswerk tuis vergeet het of iets soos swemklere tuis vergeet het. Nou wil ek aan die ouers die volgende vrae vra: a) Straf jy nie jou kinders as hulle nie ‘n redelike opdrag uitvoer nie, b) moes jy al 30 en meer kinders vir 30 minute oppas en seker maak dat almal ‘n taak uitvoer om nie te druip nie, en c) hoe maak jy seker dat die een kind wat dwarstrek nie jou deeglik-beplande kinderpartytjjie ontwrig nie?

Lees voort “Die ouer-onderwyservenootskap”