Die geneidgheid van studente om akademies oneerlik te wees noodsaak universiteite om tegnologiese hulpmiddels soos Turnitin te gebruik om oneerlikheid hok te slaan. Hierdie aanlynlyndiens bied aan studente en dosente die geleentheid om ooreenkomste met ander tekste te idetnifiseer om moontlike gevalle van oneerlikheid te identifiseer sodat studente voor stok gekry kan word.

Dit is noodsaaklik om hulpmiddels soos turnitin te gebruik om studente-oneerlikheid te bekamp omdat akademiese oneerlikheid nie alleen veroorsaak dat dosente nie daarin kan slaag om die werk van studente korrek te beoordeel nie. Dit het ook ‘n negatiewe impak op die gehalte van kwalifikasies en die betroubaarheid van assessering. Alhoewel Turnitin dosente in staat stel om soortgelyke werkopdragte te identifiseer omdat die persentasie van ooreenkoms met ander tekste aangebied word, is dit onverantwoordleik om die resultate te gebruik om studente van plagiaat te beskuldig.

Die term ‘plagiaat’ verwys na die gebruik van ander outeurs se tekste sonder om na die oorspronklike outeurs te verwys. Die term word hoofsaaklik in die konteks van akademiese tekste soos artikels en handboeke verwys. Alhoewel Turnitin doeltreffend is om soortgelyke tekste te identifiseer, kan ‘n student nie summier van plagiaat aangekla word wanneer ooreenkomste met ander tekste aangedui word nie. Daar moet ook in die teks gekyk word of die student die regte verwysingstegniek gebruik het om aan te toon dat die woorde van ‘n ander outeurs gebruik word om sy of haar standpunt te staaf.

Een van die kopsere wat deur Turnitin veroorsaak word, is dat korrekte wetenskaplike taal, veral in die geval waar resultate gerapporteer word, as gevalle van plagiaat uitgelig word. Daar is spesifieke bewoording wat gebruik moet word om die resultate te rapporteer, en hierdie bewoording word dikwels as ‘n presiese ooreenkoms met ander tekste uitgelig – met slegs die getalle of persentasies wat nie ooreenkom nie. ‘n Oningeligte persoon kan dan aanvaar dat die student die teks net o oorgeskryf het en selfs dat die student oneerlik is en slegs die getalle verander het om voor te gee dat y of sy die navorsing wel gedoen het. In so ‘n geval kan die verhouding tussen student en dosent benadeel word omdat die afleidings wat die dosent maak foutief is.

Alhoewel dit noodsaaklik is om gevalle van oneerlikheid en plagiaat te identifiseer en daarteen op te tree, moet die resultate van Turnitin met fyn oordeel gebruik word. Indien nie, is dit moontlik om ‘n student foutiewelik van akademiese oneerlikheid en plagiaat te beskuldig.

Daar word dus gewoonlik ‘n speling toegelaat, byvoorbeeld 30% ooreenkomste met ander tekste, om seker te maak dat die oorgrote gedeelte van die teks wel in die student se eie woorde geskryf is. Dit is ook noodsaaklik om seker te maak dat studente nie woordeliks uit ander tekste aangehaal het om voor te gee dat dit hulle eie woorde en gedagtes en afleidings is nie. In sulke gevalle is dit noodsaaklik om die ooreenkomste onder die aandag van studente te bring en op te tree indien hulle hulself nie aan akademiese oneerlikheid skuldig maak nie.

Advertisements