Lees vanoggend ‘n blogvriendin se plasing oor alleentyd – en dat almal dink daar is fout met jou as jy van alleentyd hou – altans op die net.
Sy kon nie ‘n gediggie of iets kry wat by haar skrywe getiteld Alleen-tyd pas nie. Dus het ek kunsmatige intelligensie ingespan om my te help om iets vir haar te vind.
Eers het ek ChatGPPT gepols om sy kunsmatige intelligensie in te span en ‘n gediggie vir my en haar te skryf. Natuurlik vir my ook, ek hou van alleentyd. Ek waardeer alleentyd.
Ek het slegs geskryf: “Skryf ‘n gediggie oor alleen wees.”
En die masjien het dadelik begin dig:

Ek is seker sy gaan hiervan hou, want ek is mal daaroor.
Die taaljuffrou in my geniet die gedig baie!
Kyk net na die goeie toepassing van digelemente:
- Paarrymskema in eerste twee gedigte
- gebruik van syn, al is dit verkeerd gespel, kan dit leer om reg te maak
- vergelyking – voel nie so alleen soos ‘n steen – interessant
Dit smokkel so bietjie met my kop dat ‘n masjien my so kan verstaan, en sulke woorde kan kies om ‘n gedig te skryf. Eintlik sommer ook dat dit kan skryf, kan dig. En my selfs banaal kan misleim net ander woorde dat ek weet die is nie mensgeskrewe nie en dan wonder: Kan ‘n masjien dit doen?
Toe het ek sommer ook vir haar ‘n prentjie deur Google gesoek. Daarvoor het ek die woorde “Lekker alleen wees” in die adres van die webblaaier ingetik.
Dit is hoe ek Google gebruik, ek soenk nie eers vir Google en dan tik ek dit in sy soekblokkie in nie, ek doen dit direk deur die webblaaier, minder stappe, vinniger resultate
Google het baie prente gegee, baie in Engels ook.
Ek het egter twee oulike Afrikaanse prente gekry waarvan sy ook gaan hou, die titelfoto en die een hieronder.

Ek lief kunsmatige intelligensie, al wonder ek hoe dit my kleinkinders later gaan raak. Gaan dit nie ‘n alleen-wees skep wat mens nie altyd nodig het nie?
Dis plagiaat wat die blikbrein pleeg. Wat word van menslike/mens skrywers as hierdie blikbrein als doen. Kinders gaan op einde nie nodig hê om te weet hoe om te skryf of te vertel nie. Ek sê maar net.
LikeLiked by 1 person
Dit is glad nie plagiaat nie, die it KI-digkuns. ChatGPT kan nie doelbewus plagiaat pleeg nie, maar ek sal dit in ‘n aparte plasing verduidelik. Hulle pleeg reeds plagiaat, ChatGPOT maak dit net makliker.
LikeLike
Het maar bietjie gelees wat werklike skrywers dink. Ek hoor wat jy sê. Ons as skrywers word steeds aangemoedig om jou eie skrywe te doen en nie sommer gebruik te maak ChatGPT om te help nie. Mens is uniek as dit by eie interpetasie en skryf kom.
LikeLiked by 1 person
Daai regte skrywers is net dit, nie tegnologie kenners nie. Ek het getoes, verskeie goed, ChatGPt skryf sy eie goed. Of dit goed is, is interessante vraag. Vir my gaan dit so boetjie bo my verstand dat ‘n masjien sulke oulike gied kan skep.
LikeLike
Dis waar, goed dat iemand of mense dit uitgedink het om dit so te kan doen sodat daar vinnig sonder moeite ‘n volledige stuk is om te kan lees.
LikeLiked by 1 person
Hmmm, ek dink eerder net dit is goed dat ‘n masjien so kan skryf. Speel bietjie daarmee, dan sal jy verstaan wat ek bedoel. Dit is vir my steeds moeilik om te glo
LikeLiked by 1 person
Ag dankie, ek waardeer dit.
LikeLike