Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret: O genade

Ek hoor myself gister toe ons kleinkind by die skool gaan haal, sy woordeskat verstom my baie.

Ons gesels mos al die pad huis toe. En o ja, kleinkind praat die afgelope ruk onophoudelik.

So maak hy sy kosblikkie oop, dit is nou die een met drie afskortings, en haak hy af:

O ganade, het ouma vir my ‘n koekie ingepak?

Ek gebruik daardie woorde so baie! Vearl as ek en hy gesels.

Later die dag word “O genade” vir baie goed gebruik, sommiges meer gepas as ander.

Soos:

O genade, wat is dit?

O genade, kyk die blomme!

O genade, dit is ‘n mooi blom.

O genade, ek het ‘n lenteboom.

Sê ek dit so baie?

Dit is skattig uit sy mondjie uit.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

3 gedagtes oor “Kleinkindpret: O genade

  1. Wel, dit sal net so ‘n impak op hom hê as hy dit baie hoor, dan nie? En as ek nou daaraan dink, ek gebruik dit net so baie … o genade, daar kook die ketel op die gasstofie, laat ek gou hardloop en dit gaan afsit 😁.

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.