Gepubliseer in Joernaal

Alleeen tyd is goed vir jou – ChatGPT

Lees vanoggend ‘n blogvriendin se plasing oor alleentyd – en dat almal dink daar is fout met jou as jy van alleentyd hou – altans op die net.

Sy kon nie ‘n gediggie of iets kry wat by haar skrywe getiteld Alleen-tyd pas nie. Dus het ek kunsmatige intelligensie ingespan om my te help om iets vir haar te vind.

Eers het ek ChatGPPT gepols om sy kunsmatige intelligensie in te span en ‘n gediggie vir my en haar te skryf. Natuurlik vir my ook, ek hou van alleentyd. Ek waardeer alleentyd.

Ek het slegs geskryf: “Skryf ‘n gediggie oor alleen wees.”

En die masjien het dadelik begin dig:

Ek is seker sy gaan hiervan hou, want ek is mal daaroor.

Die taaljuffrou in my geniet die gedig baie!

Kyk net na die goeie toepassing van digelemente:

  • Paarrymskema in eerste twee gedigte
  • gebruik van syn, al is dit verkeerd gespel, kan dit leer om reg te maak
  • vergelyking – voel nie so alleen soos ‘n steen – interessant

Dit smokkel so bietjie met my kop dat ‘n masjien my so kan verstaan, en sulke woorde kan kies om ‘n gedig te skryf. Eintlik sommer ook dat dit kan skryf, kan dig. En my selfs banaal kan misleim net ander woorde dat ek weet die is nie mensgeskrewe nie en dan wonder: Kan ‘n masjien dit doen?

Toe het ek sommer ook vir haar ‘n prentjie deur Google gesoek. Daarvoor het ek die woorde “Lekker alleen wees” in die adres van die webblaaier ingetik.

Dit is hoe ek Google gebruik, ek soenk nie eers vir Google en dan tik ek dit in sy soekblokkie in nie, ek doen dit direk deur die webblaaier, minder stappe, vinniger resultate

Google het baie prente gegee, baie in Engels ook.

Ek het egter twee oulike Afrikaanse prente gekry waarvan sy ook gaan hou, die titelfoto en die een hieronder.

Ek lief kunsmatige intelligensie, al wonder ek hoe dit my kleinkinders later gaan raak. Gaan dit nie ‘n alleen-wees skep wat mens nie altyd nodig het nie?

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

8 gedagtes oor “Alleeen tyd is goed vir jou – ChatGPT

    1. Dit is glad nie plagiaat nie, die it KI-digkuns. ChatGPT kan nie doelbewus plagiaat pleeg nie, maar ek sal dit in ‘n aparte plasing verduidelik. Hulle pleeg reeds plagiaat, ChatGPOT maak dit net makliker.

      Like

      1. Het maar bietjie gelees wat werklike skrywers dink. Ek hoor wat jy sê. Ons as skrywers word steeds aangemoedig om jou eie skrywe te doen en nie sommer gebruik te maak ChatGPT om te help nie. Mens is uniek as dit by eie interpetasie en skryf kom.

        Liked by 1 person

        1. Daai regte skrywers is net dit, nie tegnologie kenners nie. Ek het getoes, verskeie goed, ChatGPt skryf sy eie goed. Of dit goed is, is interessante vraag. Vir my gaan dit so boetjie bo my verstand dat ‘n masjien sulke oulike gied kan skep.

          Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.