Gepubliseer in Joernaal

Kleinkindpret: Kleinkind kan klank!

Kyk, ek dink elke ouma dink haar kleinkind is begaafd.

Maar, aangesien ek self begaafde kinders grootgemaak het, en dit ook begaafdekindonderwys op honneurs en M.Ed vlak bestudeer het, dink ek ek is reg as ek sê my kleinkind is – soos sy drie nefies – begaafde seuntjies.

Ek het al vertel dat hy kan tel. Op drie maniere tot 10 en op die gewone manier kan hy tot 20 tel. In Engels en Afrikaans. Hy kan met sy vingertjies wys, die telwoorde sê en hy herken die syfers tot by 20. Hy het einde Maart 3 geword, dus is hy, na my mening nog heeltemal te klein om dit te kan doen. Dit is nou die herken van die syfers en wys met vingertjies.

Hy kan ook sy happies melktert (10) in ‘n rytjie pak en dan speel hy somme met my. Hy eet een en dan vra hy hoeveel is oor. Dan tel hy, wys met sy vingers en sê vir my hoeveel is oor. Tot by die laaste een, wanneer hy dan vir my vertel daar is niks oor nie. Hy sê ook nul in Engels as hy nie niks sê nie.

Maar, ek was uit my skoene geskok toe ek hom vat om vir die tannie by die klubhuis te gaan hallo sê en hy sy. nuutste party trick uithaal. Daar vat hy aan die letters op die mou van sy hempie (hoofletters en klank vir haar:

Te … ê … a … m. pe .. a .. w.

Team Paw!

Presies reg geklank.

Dit is ver bo sy ouderdom se potensiaal. My eie dollatjie het op 5 begin klank, toe ek vir haar die Bybel lees. Sy wou weet hoe ek weet wat daar staan, en toe leer ek vir haar die klanke. Soos wat ek lees. Sy sê toe maar dit is nie reg nie, toe leer ek haar om die klanke vinnig te sê, soos byvoorbeeld k a t vinnig is kat.

Onthou, ek is hoërskooljuffrou, maar ek het net geweet dit is tyd dat sy skool toe gaan. En toe wag ek tot die sekretaresses vreeslik besig is en nie tyd het om na elke ID te kyk nie, skryf haar so in en daar is sy voor sy ses geword het skool toe!

En sy het presteer.

Hierdie mannetjie leer homself tel en klank … uit die stories wat hy kyk.

En sy ouma staan verstom. Word ons kinders nie terug gehou nie?

As juffrouens en ‘n kurrikulum besluit wat hulle op elke ouderdom behoort te kan doen?

Hy is gereed, hy wil leer. Hy is soos ‘n sponsie en ek verkyk my aan ons sponsie se leervermoëns.

Terloops, ek is ‘n onderwyseres, ek weet dat hy waarskynlik in graad 1 doodverveeld gaan wees in die klas as die juffrou ‘n klank oor en oor herhaal. En hy ken dit reeds. Die punt is dat ons hom nie leer nie, hy leer homself. Dus sal ons daardie berg aanspreek wanneer hy skool toe gaan.

Daar is ander keuses as hoofstroom skole met hulle worsmasjiene.

Op sy hempie staan regtig Team Paw en nie Paw Team nie, soos op die hooffoto.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

5 gedagtes oor “Kleinkindpret: Kleinkind kan klank!

  1. Wonderlik om dit te lees Christa! My ma het my ook voor skool geleer om te klank (voor ek regtig kon lees) … ek was (is nog steeds) lief vir boeke en wou net so graag begin lees. Ek stem, moenie hom terughou as hy graag wil leer nie – bravo!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.