Ek het nou die dag geskryf oor die raad wat ek gekry het om te besluit of ek ‘n klip in my rugsak wil sit ..
Dit werk so.
As iemand my kwaad maak, moet ek maak of die probleem ‘n klip in my hand is – en dan moet ek na die klip kyk en besluit of ek dit in my rugsak wil sit waarmee ek teen ‘n steil berg opklim.
En dié raad gebruik ek nou gereeld as my man my kwaad maak.
Want glo my, as mens van die huis af werk, en hy ook, alles saam (moet) doen, dan is daar gereeld redes waarom ek vir hom baie kwaad word.
Hoofsaaklik oor hoe hy met my praat. Ek gaan nie uitbrei nie, net skryf dat dit my witwarm kan maak.
Of wag, laat ek dan een voorbeeld noem.
Hy is ‘n baie onaangename passassier as ek bestuur. So erg dat ek verkies dat hy bestuur, al ry ons met my kar. En al moet ek alles vir myself instel as ek weer bestuur. Liewerste die bietjie moeite as die onaangename kommentaar as ek bestuur. Om die waarheid te skryf, ek dink ‘n passassier langs my is erger as ‘n agtersitplekbestuurder.
Ek dink hy wil hê ek moet oorreageer …
En glo my, ek kan kwaad word!
Dus doen ek nou die ding.
Ek hou my linkerhand bak. Kyk na die bak hand, hy weet mos nie waarna ek kyk nie?
Om een of ander rede maak dit my ongelooflik rustig. Want ek kyk nie asof dit ‘n probleem is nie, ek kyk regtig of ek die onsigbare “iets” met my wil saamdra, in my rugsak wil sit.
En as ek rustig is, dit gebeur so vinnig ek kan dit nie glo nie, dan tiep ek my hand net om. Om dit te laat val.
Nie te gooi nie, ook nie om hom daarmee raak te gooi nie. Seer te gooi nie.
Net laat val.
Dit is nie die moeite werd om te reageer nie.
Ek hou nie van die Christa wat hy met enkele steke kan laat ontplof nie.
Ek hou van die Christa wat rustig is nadat sy die klip laat val het. Sy broei nie eens daaroor nie, dit is agter haar. Sy kan nie sulke swaar klippe bergop dra nie.
Ek weet, ek gim mos nou.
Ek kan nie swaar gewigte optel nie.
Dit sal my rug breek.
Letterlik.
Punt.
Ek so bly jy deel dit, soos ek daardie klip videotjie eendag gedoen het. Van nou af gaan ek dit ook so prakties uitvoer! Dit kos een ding om te weet wat jy moet doen, maar dis n ander ding om dit te dóén! So dankie hiervoor, ek gaan nou begin dóén!
LikeLiked by 2 people
Ag Seegogga, so dit is jy wat die raad gedeel het. Dit het my regtig baie geraak. En glo my, dit help my so baie om net na die klip in my hand te kyk en te besluit om dit te laat val. Nie gooi of iets nie, net lat val. Ek koel verskriklik vinnig af en kan daarna weer normaal met my man praat. As ek ontplof het, sukkel ek die hele dag om af te koel.
LikeLiked by 2 people
Ek is sekee jou man wonder wat jy maak. Hy sal later agterkom! Ek kan nie glo iemand se man is ‘n erger backseatdriver as myne nie. En ek moes (onder daardie erge omstandighede) meer as 5 jr lank hom rondry omdat hy nie kon bestuur nie, agv been in gips ens. So jammer ek het nie toe al van die klippe geweet nie!
LikeLiked by 2 people
Seegogga, dit is baie erg. So erg dat ek hom kwaad by die Gautrein stasie aflaai as hy vier dae in ander land gaan werk. En kwaad tuis kom as ek hom gaan haal. Nou die dag het ‘n vrou van die regterbaan voor my ingedruk. En … dit was my skuld. Ek was smoorkwaad, toe kyk ek na die klip in my hand en koel so vinnig af dat ek verder kon bestuur. Ek wou net daar uitklim en huis goe stap. Dat hy bestuur. Dit is lekker (skuus) om te lees dat iemand anders ook in die bootjie is. Ek het nog nie ‘n ongeluk gemaak nie (touch wood) en hy het die bakkie dienafgelope ses maande ten minste twee keer gestamp. Of geskraap. Darem nie teen ander motor nie, maar stamp is stamp.
LikeLiked by 2 people
Ek stem stamp is stamp- wat my nanbook sl gedoen het, maar oooo die manlike
LikeLiked by 1 person
😜
LikeLike
Die manlike ego.
LikeLiked by 1 person
Stem, mens moet sker maar doof raak?
LikeLiked by 1 person
Nou is ek per ongeluk afgesny!
LikeLiked by 1 person
Waar?
LikeLike
N mens tik nog lekker en jou hand raak waar hy nie moet raak nie ( op d sel) en jiy woorde word weggestuur viir jy wou en jy moet weer begin en jy kannie die oues terugkry om te edit nie, ens ens
LikeLiked by 1 person
Dit is so sleg van WhatsApp en waarom ek Telegram so baie waardeer.
LikeLike
Dankie vir hierdie uitstekende, praktiese raad. Ek gaan dit probeer navolg.
LikeLiked by 2 people
Toortsie, dit help my verskriklik baie om nie te reageer nie. Sonder reaksie is die oomblik gebars.
LikeLiked by 2 people
Wow ek gaan beslis hierdie toepas, dankie vir die deel…
Wonder ek nou sommer of jy tred hou met hoeveel klippe jy nie gooi nie, dit sal mos goed wees vir jou en jou trots maak op jouself!
Oooh my man kan net so aangaan as ek bestuur, dit is baie erg.
LikeLiked by 2 people
Skuus dat ek lag, tred hou met klippe tel? Ek dink so twee keer per dag, dus voel ek regtig goed omdat my ontploffings soveel verminder het …
LikeLiked by 2 people
Dit klink na wonderlike raad en gaan dit beslis probeer. Veral met my baas, dankie hiervoor🌻
LikeLiked by 1 person
Dit help my so baie, ek kyk net na my hand en dink aan niks anders nie. Maar, ek vra in die laaste tyd ook vir die Here: Help asseblief dat ek laat gaan …
LikeLiked by 1 person
O ja, ek weet van rugsak dra en daar moet niks onnodig in wees nie! Dis baie goeie raad hierdie, dankie 🌸.
LikeLiked by 1 person
Presies, jy dra dit mos gereeld regtig egtig.
LikeLiked by 1 person
Dit klink asof meeste vrouens die klip-ding nodig het vir hulle manlike passasiers. Hulle kan dit nie help om te kritiseer nie. Maar o weë, behoede ons as ons iets sê oor hulle bestuurs-vernuf!!
LikeLiked by 1 person
Jy weet dan!
LikeLike