Soms kom mense oor my lewe wat met ‘n paar woorde vir altyd ‘n plek in my hart sal beset.
Mense soos Celeste en Benji. Hulle het ‘n vinnige draai by ons gemaak, ons is deur verdriet oor ons hondjies saamgesnoer in ‘n band. Die wil om ons hondjies so lank as moontlik deel van ons lewens te hou – terwyl hulle WIL lewe.
Baie mense kan dit nie verstaan nie. My eie kinders dink dat ek vir Shilo moet uitsit. Dit al lankal moes doen. Hulle sien hoe moeilik hy loop. Hulle sien nie die WIL om te lewe raak nie. Dink dat ek hom moet uitsit, omdat hulle seer kry as hulle sien hoe moeilik hy loop.
En ek?
Ek sit met ‘n warboel gedagtes, wat is reg en wat is verkeerd?
Ek weet ek is reg om Shilo te vat as hy vir my sê ek kan nie meer nie. Hy wil dit nie sê nie. Toe ek hom vertel dat ek hom verlede Maandag vat vir die laaste inspuiting het hy sommer reg geword en weer geloop! My aangekyk asof ek al my varkies verloor het!
Celeste en Benji kyk my en manlief nie aan asof ons mal is nie. Inteendeel.
So, laat ek vertel hoe ons twee se paadjie met hulle s’n gekruis het.
Ek het vir Shilo wiele gekoop toe ek hoor die kanker kan nie gekeer word nie. ‘n Fortuin daarvoor betaal omdat ek bereid was om ‘n fortiin te betaal vir ‘n operasie om sy gebreekte heup te heel. Dit was toe nie ‘n gebreekte heup nie, dit was kanker!
Shilo weier egter om die wiele te gebruik. Botweg. Hy staan soos ‘n diertjie wat mishandel word in die wiele. En dan lê hy vooroor op sy voorpootjies. Hy sal nie stap nie.
Sprekende voorbeeld van ‘n perd tot by die water kry, maar kan hom nie laat suip nie …
Dus het ek besluit om die wiele weer te verkoop. Ek kan baie met R3850 doen. Baie, baie!
So skakel ek diere-engel Judy, ek gaan ook van haar vertel. En sy sê sy sal help om te verkoop, sonder om enige geld daarvoor terug te verwag!
Donderdag kry ek die oproep, sy het vir my ‘n koper. Ek moes voorheen die mates vir die wiele (Shilo) s’n vir haar stuur. Die mates gaan werk. mag Celeste my self kontak?
Minute later bel Celeste, kan sy die wiele by my koop.
En sy vertel van haar Hope!
Sy woon in Zambië op ‘n plaas, en as sy die wiele by my koop, hoef sy nie te wag dat dit gemaak word nie. Kan sy dit saamneem wanneer hulle hierdie week teruggaan plaas toe.
Ek vertel van my Shilo wat weier om dit te gebruik. En sy vertel van haar Hope wat pyn in die agterste beentjies het. En sy kan haar ook nie laat gaan terwyl LEWE in haar ogies brand nie.
Dit was soooo lekker om oemand te ontmoet wat oor haar Hope voel soos ek oor my Shilo! Terwyl daar die WIL is, sal ek my geld uitgee om Shilo se pyn te verlig.
Maar, ek is ook gereed om hom te laat gaan wanneer hy vra. Soos Celeste het ek weke lank gehuil oor my Shilo. Maar ek is ook by berusting. As dit sy tyd is, sal ek dit vir hom makliker maak om sag aan die slaap te raak. Tot ons mekaar weer ontmoet in die hiernamaals.
Tot dan, bestel ek sy medikasie. Betaal ek R600 vir 30 pynpille en bykans R1000 per maand alstesaam vir sy medikasie.
Ek bestel juis vandag vir hom doeke vir seuntjie woewe. Babadoeke werk nie, die ou watsenaampie piepie verby die doek. Dit werk wel vir dogtertjie woewe. Dit is so oulik.
As dit werk, bestel ek vir hom drie doeke wat oor en oor gewas kan word. Tot dit nie meer nodig gaan wees nie …
Iedergeval, ek wou skryf dat Celest en Benji twee mense is wat na aan die Here leef. Hulle het ‘n skool en kliniek op hulle plaas. Volgens Benji boer hulle met mense, die enigste wit gesin in hulle gebied.
God se werkers in ‘n vreemde land.
Hulle kies LEWE, ook vir hulle Hope!
Ons is genooi om te gaan kuier. En ek dink ek gaan die uitnodiging onthou. Ons wil nog graag die Victoria valle sien. En ek dink dit is dalk net naby hulle ook. Soos ek verstaan ry hulle deur Katima Milino, dus kan ons Namibië ook gaan verken. Soos my man nog altyd wil … Hulle ry al die pad, dus kan ons ook?
Ag, dis nou wonderlik! Hoop julle kan eendag gaan kuier!
LikeLiked by 1 person
Dankie, vriendin, ek wonder of dit sal gebeur, klink soos ‘n lang en moeisame reis. Maar sy sal in my hartb’n plekkie hê. Sy en haar Hope.
LikeLiked by 1 person
Ek dink tog julle kan dalk wel, eendag daar op hulle plaas gaan kuier. Beplan mooi, genoeg tyd om te kan rus langs die pad. Dit kan ‘n groot avontuur wees.
Sterkte daar. Ek hoor jou oor Shilo. My Vlooi is nog propvol lewe op 13 jaar oud. Maar ek sien hoe die oudraak aan haar vat.
Wanneer daddy gaan werk tel ek die 2 honnemeisies by my in die bed. Soveel liefde vir die twee.
LikeLiked by 1 person
Jy verstaan, ek kan nie laat gaan as hy nog wil nie. En … hy is nie eens oud nie.
LikeLiked by 1 person
Ek verstaan 🫂
LikeLiked by 1 person
Baie bly jy het nou ‘rigting en berusting kon kry na die besoek van Hope se mense. Dis soos jy sê die oë wys of daar nog ‘n wil is om te lewe.
LikeLiked by 1 person
Inderdaad vriendin, ook die lus om met my te speel.
LikeLike
Dit gaan mos maar op en af nes ‘n mens.
LikeLiked by 1 person
Mooi storie
LikeLiked by 1 person
Gaan kuier! Die valle is pragtig en die ondervinding is vir n leeftyd. En julle tweetjies is mos nie bang vir vreemde lande nie?
LikeLiked by 1 person
Ons is nie Woordnoot, maar sy het my totaal geheel en almafgesit van die idee. Volgens haar is dit ‘n marteling om daai pad te ry.
LikeLiked by 1 person
Ja nee, ek wil ook nie op n vreemde pad sukkel nie
LikeLiked by 1 person
Nie in ‘n vreemde land met taal wat ek nie ken nie.
LikeLiked by 1 person
Dis wonderlik om sulke mense langs die pad te ontmoet – saam gebind in dieselfde omstandighede.
LikeLiked by 1 person
Dit is resep vir bande wat gebou kan word.
LikeLiked by 1 person