Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret: My wortelkoek laaste op lys

Ons was vir ‘n week see toe, week omdat dit baie ver is om vir naweek te ry. En naweek moes ons daar wees want my dollatjie het 40 geword.

So kuier dollatjie en haar drie seuns by my terwyl mamma weer gaan hardloop.

Ek het wortelkoek kolwyntjies gebak.

Oudste eet daarvan, so sonder versiersuiker. Sê dit is baie lekker.

Middelste sê nee dankie, hy wil nie wortelkoek hê nie.

Jongste verras my uit my skoene uit:

Hy eet nie wortelkoek nie. Eerste op sy lysie is sy ander ouma se kaaskoek, daarna sy ander ouma se sjokoladekoek en heel laaste op sy lysie is my wortelkoek.

Nou ja toe. Sommer so sonder om eens te proe!

Dit was die eerste keer in my lewe wat ek die hand aan wortelkoek geslaan het, ek het nogal van die uitkoms gehou. Manlief ook. En so, sonder om te proe, moet ek hoor dat my wortelkoek heel laaste op sy lysie is.

Ek kan hom seker nie kwalik neem nie?

Sy ander ouma bak vir ‘n lewe.

Ek sal maar aan ander bederfies as koek dink as hy weer kom kuier …

Ek bak selde. Sedert ek in 2018 gehoor het dat ek laktose-weerstandig is, bak ek nie koek nie. Toets ek nie nuwe koeke nie. En dit was my redding in Kazakhstan waar die vrouens blykbaar die lekkerste koeke bak. Ek het nooit geproe nie.

Unknown's avatar

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

12 gedagtes oor “Kleinkindpret: My wortelkoek laaste op lys

  1. Nou ja, die eerlikheid van ‘n kind kan soms nogal ‘n teer puntjie wees, ne 😉. Maar dit is ook so dat of jy hou baie van wortelkoek of glad nie … kan dit wees omdat daar dalk ‘n groentetjie by betrokke is?

    Liked by 1 person

Lewer kommentaar op Dr Christa van Staden Kanselleer antwoord

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.