Gepubliseer in Joernaal,Resensies

Lioness 2: Opvolg van kragtoertjie

Kyk, ek het al vertel van Lioness 1, die mini-reeks wat mens op die punt van jou stoel laat sit het.

Wel, Lioness 2 het so pas klaargemaak en ak kan nie wag vir ‘n opvolg nie, want daar moet een wees. Sy is dan swanger met die mooie mansmens se kind.

Ek het weereens op die punt van my stoel gesit. Sy – en haar kinders – is weereens deur hel gesit. En hulle het veilig ander kant uitgekom, of het hulle?

Die regte persoon is einde ten laaste geïdentifiseer, die een wat haar kroek-man doodgeskiet het. En hy het verskeie mense in angs en vrees laat leef dat hulle die skut was wat hom van die aarde afgehaal het. Hy het selfs vir haar seun gedwing om hom te help om van bewyse ontslae te raak …

Iedergeval, ek wil nie te veel weggee nie, dalk is jy besig om op te vang. Of dalkies wil jy dit begin kyk. Loer gerus na die lys van karakters (akteurs) wat rolle in die reeks gespeel het.

My gunsteling is Shannon Esra (lioness) wat ook in verskeie Dotsure advertensies te siene is. Waarom sy nie meer rolle kry nie, weet ek nie. Dalk doen sy en kyk en net meestal na Afrikaanse reekse. Carl Beukes (die speurder) is ‘n mooie mansmens, pas perfek in die rol. En Evan Hengst is iemand wat dopgehou moet word. Self ook nie sleg op die oog nie, maar hy speel in Suidooster net so ‘n slegte rol so goed dat ek nie baie van hom hou nie. Ek sukkel ook om hom in ‘n romantiese hoedanigheid in sy nuwe baadjie op Suidooster in te leef.

Lioness is op Catchup beskikbaar, soek onder MNet.

Lees gerus meer oor die reeks by hierdie skakel as jy nog nie gekyk het nie.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.