Gepubliseer in Akademies,Joernaal

Tweede artikel vir 2022 gepubliseer: Genade!

Ek moet eerlikwaar skryf dat ek nie weet hoe ek dit reggekry het nie, want ons kleinseuntjie het sy ouma pootuit gespeel. Maar daar is dit nou, die tweede artikel vir 2022 is gepubliseer – net-net betyds om vir 2022 te tel.

Ek was in 2015 verantwoordelik vir die opleiding van dosente in die gebruik van tegnologie. In hierdie een fokus ek op die doeltreffendheid van die gesamentlike ervaringsleertake wat ek geskep het om hulle te leer om die wiki en die glossarium van ‘n leerbestuurstelsel doeltreffend te gebruik.

Hier is die skakel:

Doeltreffendheid van gesamentlike ervaringsleertake tydens opleiding van dosente in afstandhoëronderwys

Vir nou kan ek ontspan, ek het die gestelde doelwitte bereik.

Halleluja!

Natuurlik weet ek hoe ek dit reggekry het. Die Here het my ryklik geseën met die vermoë om te gaan sit ek werk wanneer ek moet. En op te vlieg en te skryf as ‘n idee my vasvang.

Ek het nogal gesukkel met ‘n invalshoek vir hierdie artikel. Daarom was die positiewe kommentaar van die keurders ‘n riem onder die hart. Op die oog af dan die beste artikel wat ek al geskryf het.

Ek kan net dankie sê vir die genade.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

9 gedagtes oor “Tweede artikel vir 2022 gepubliseer: Genade!

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.