Ek het Netwerk24 lank vermy omdat hulle so eensydig in hulle berigte oor Steve Hofmeyr is. Seker so vier jaar lank. Maar, ek het onlangs besluit om weer in te skakel.
Veral omdat ek die toep vir een jaar lank vir net R25 per maand kon aflaai. Teen daardie prys was ek bereid om Netwerk24 weer ‘n kans te gee. Maar nie om Rapport te lees nie. Daarvoor sien ek nie meer kans nie.
Eerder om weer na blitsdramas op die toep te kyk.
‘n Blitsdrama is ‘n baie kort drama, minder as 5 minute per episode. Ek kyk een keer per week as die vier episodes van die week op een slag beskikbaar is.
Die vorige een was Testament – ek dink ek het al daarvan vertel. Gister her ek die laaste vier episodes van Minder as Niks – geskryf deur Irma Venter – gekyk/
En goeie genugtig, dit was ‘n goeie drama.
Ek huil nie in stories en flieks nie, dit is mos net iets uit iemand se verbeelding. Maar die keer het ek ‘n traan van blydskap gestort, want ek het regtig dit is klaarpraat met een van die hoofkarakters.
Die redding waarop sy gehoop het, het ‘n probleem wat kon veroorsaak dat sy nie gered word nie.
Ek wil nie veel meer vertel nie, want dalk kyk jy die blitssepie.
Maar, as jy nie doen nie, kyk gerus. Mens kry dit op die Netwerk24 toep onder Kyk en Luister.
Absoluut die moeite werd.

Kyk sommer so na die akteurs en aktrises. Trix Pienaar in die hoofrol, Tobie Cronje, Antoinette Louw wat so pas by die Europese Internasionale filmfees ‘n prys gewen het vir die beste aktrise in ‘n film – wat ook Suid-Afrikaans is.
So terloops, ek sien daar word al meer van akteurs gepraat om na beide die vroulike en manlike beroep te verwys. Dit stuit my as taalonderwyseres totaal teen die bors. Maar, wat anders kan mens verwag as daar die afgelope twee dekades slegs 30% nodig was om te slaag? Tog, kan die taal nie aanpas omdat die gebruikers al minder hoef te weet om te slaag nie.
Die weglating van die vroulike vorm in baie woorde het eintlik te doen met geslagsgelykheid. Dit word dus deerdae aanbeveel. So is ‘n mens deesdae ‘n apteker, ‘n onderwyser, ‘voorsitter, ens, al is jy vroulik. Dis ook vir my vreemd op die oor, maar ek glo ook nie in diskriminasie tussen geslagte nie, dus het dit seker meriete.
LikeLiked by 2 people
Ek is bewus van die rede, Seegogga, maar dit maak dit nie reg nie. Inteendeel, dit maak dit baie verkeerd. Want, of vrouens dit nou wil weet of nie, hulle is vrouens. Gaan ons dan een van die dae mans genoem word? Want dan is vrou mos ook baie verkeerd. Of pa’s? As ons ma’s is? Ons lyk anders as mans en dit is spesiaal om ‘n woord te hê wat ons in enige beroep en rol van mans te onderskei. Aangesien ek ‘n taalonderwyseres is, is dit nie sleg op my oor nie, dit is verkeerd.
LikeLike
Nee, dit gaan nie hier oor die ontkenning van vrou wees of man wees nie, dit gaan oor die gelykmaking van die beroep. Is daar ‘n verskil in die werk van ‘n sekretaris of ‘n sekretaresse? Die woord gee wel meer inligting oor wie die beroep beklee, maar is dit nodig? Indien wel, moet ons mos nou begin praat van ‘n dokterin of ‘n prokurise, ‘n aktuarise, of ‘n loodgietser. Nee, as sekere beroepe sonder vroulike vorm is, kan alle beroepe maar daarsonder wees, want die woord beskryf die werk, nie die persoon nie. En hoewel ek, as taalonderwyser, oud is en waarskynlik nooit gewoond gaan raak aan die nuwe terme nie, sal die jongmense van die toekoms dalk terugkyk en wonder oor die eienaardige verskynsel dat daar in die outyd manlik en vroulike woorde was vir sekere beroepe.
LikeLiked by 1 person
Dankie vir die saamgesels. Daar is darem regte woorde vir die beroepe, maar ek verstaan jou punt. Ek kan net nie daarmee saamstem dat woorde verlore gaan as mense nie vol strooi raak nie.
LikeLike
Daar is wel manlike en vroulike vorme met meriete, bv neef, niggie, weduwee, wewenaar, ens. Dit beskryf egter die mens, nie ‘n werk nie.
LikeLiked by 1 person
En nou lê ik hier in die middel vd nag en elektrisiën. Die woord klink mos nou klaar vroulik! So as dit n man is, moet ons dalk liewer praat van ‘n elektrisiaan!
LikeLiked by 1 person
Jy is baie snaaks – hen en haan. Ek sal nooit daarmee saamstem dat woorde verdwyn omdat mense ‘n probleem het met die benoeming van die beroep nie. Want, as jy in die werk staan, is jy wel ‘n man of ‘n vrou.
LikeLike
True, but annoying.
LikeLiked by 2 people
Geniet julle Kersdag, Christa.
LikeLiked by 1 person
Vir jou ook vriendin! Mag dit ‘n pragtige jaar wees.
LikeLike
Lê middel vd nag en lag oor
LikeLiked by 1 person
Het jy die drama gekyk? Ek kan nie wag vir die volgende ene nie
LikeLike