Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret? Skrik ek my koud

Gister gaan my 2-jarige kleinkind in die gaste toilet in. En maak die deur toe.

Natuurlik pla dit my nie baie nie, al weet ek hy kan nie die deur oopmaak nie. Hy sal my roep om te kom help as hy uit wil kom, vir nou wil hy alleen wees.

En ook nie lank nie, toe word ek geroep:

Ouma! Ouma! I am stuck! Please open the door!

Ek lag en gaan om die deur oop te maak, om een massiewe hartruk te kry. Die deur is gesluit. Hy het die deur van binne gesluit. Die toilet venster is toe, dus kan ek ook nie plan van buite af probeer maak nie.

Hy is regtig vas!

Ek roep oupa om te kom help en oupa is in vergadering. Kan eers later kom help.

Dus staan ek by die deur en onderhandel met ‘n tweejarige, wat glad nie paniekbevange is nie. Ouma is mos supervrou, sy sal hom kan uithaal. Ek kry hom mos altyd oral.

Ek vra hom toe om die sleutel uit die deur te haal. Dan sal ek verduidelik hoe om die venster oop te maak as ek buite die huis staan. Met die sleutel in my hand kan ek die deur oopmaak.

Dit is nie asof ek nie al deur ‘n soortgelyke skrik was nie.

Dollatjie se seuntjie het homself in die een kamer van ons dubbelverdiepinghuis toegesluit.

Hoe weet ek nie, want ons almal het gesukkel met die sleutel en die slot. Maar, toe kon hy nie weer oopmaak nie!

Hy was baie ouer, seker vyf of ses.

Hy was paniekbevange en ek moes tussen die trane deur verduidelik dat ek kan help as hy die sleutel net vir my uit die deur kan haal.

Toe die sleutel uiteindelik uit is, het ek verduidelik dat hy die venster van die kamer moes oopmaak, sy handjie moes uitsteek en dit uitgooi. Dat hy nie af moet kyk nie, ook nie op die vensterbank moes staan nie. Daar was nie diefwering nie.

En so het ons hom uit die kamer bevry.

Hierdie huis is enkelverdieping, die toilet is op die grond. Maar, die venster is toe en kleinseun het die deur gesluit.

Iedergeval, terug by tweejarige kleinseun. Ek bly kalm en sê hy moet die sleutel uit die deur haal.

Hy OK my, en sluit sowaar die deur oop.

Kan ek oorvertel hoe bly ek was?

Hy het nie verstaan hoe om die sleutel uit te haal nie, maar wel hoe om weer te draai dat ek die deur kan oopmaak.

En toe Well Done hy sy ouma.

Die welgedaan gaan na die ou seuntjie toe.

Hy verryk my lewe.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

4 gedagtes oor “Kleinkindpret? Skrik ek my koud

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.