Gepubliseer in Joernaal,kleinkinders

Kleinkindpret: Ons 2-jarige humoris

Goed, laat ek eers dit skryf, ek moes eers gaan opkyk of die woord humoris bestaan. Die sinoniem is grapmaker.

Maar, ek verkies humoris omdat grapmaker impliseer dat grappe gemaak word. Ek wil eintlik klem lê op die feit dat hierdie tweejarige kleinkind humor insien, verstaan en in die laaste plek self grappies kan maak. Die kind het humor, en daarom noem ek hom sommer ons humoris. Maar hy het ook empatie, simpatie en ek weet nie wat alles nie. Ek ontdek so mettertyd.

So bring ek gister vir hom sy koeldrank kamer toe waar hy by oupa op die bed lê. Ek vertel vir oupa dat ons die afgelope week Oros drink, en oupa het te vertelle dat hy ook van Oros hou.

Toe word ek opgekommandeer met ‘n vingertjie:

Ouma, bring oupa koeldrank.

Maar, laat ek nou eers van sy r’e vertel. Hy spreek ‘n woord uit dat dit klink of hy ‘n R gebruik, want hy rol die R soos ‘n Amerikaner, waarskynlik as gevolg van die Amerikaanse stories wat hy kyk.

Onder normale omstandighede sal ek my uit my kassie vererg as my man my so opkommandeer. Dus kyk hy baie geammuseerd na my om te bepaal wat ek gaan doen.

Ek sê toe:

Asseblief, Ouma?

Hy asseblief toe en ek voer maar die opdrag uit.

Maar, toe ek sy gesiggie sien toe ek met oupa se koeldrank terugkom, kry die terggees in my die oorhand.

Ek wys vir oupa speel saam, sit by oupa op die bed en drink die koeldrank, en hou sy gesiggie dop.

Hy kyk vir my en drink sy koeldrank, het het vergeet dit is oupa s’n?

Toe hou ek vir oupa, en net toe oupa wil vat, trek ek terug en sê:

Myne!

Want dit hoor ek mos die hele tyd by hom.

En hy lag kliphard vir ons.

Ek probeer weer dat hy vir my vertel dit is oupa s’n, en weer lag hy kliphard vir ons twee.

Toe hou hy sy koeldrank vir oupa.

En ek dog dit is omdat hy oupa jammer kry. Drink dan maar sy koeldrank?

Maar nee, toe oupa sy hand uitsteek om die koeldrank te vat, trek hy terug, en laat hy hoor:

Myne!

En ons drie skater soos ons lag!

Sy humorsin kan nie anders as om ontwikkeld te wees nie, hy het dan ‘n ouma wat help om dit te ontwikkel! Of nee wag, hy help ouma om hare weer te ontdek.

Hooffoto: geleen op die internet, ek deel nie foto’s van my kleinkinders op die blog nie.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

4 gedagtes oor “Kleinkindpret: Ons 2-jarige humoris

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.