Gepubliseer in Joernaal

Afrikaans, my taal, is snaaks!

Ek lief my taal, en ek is altyd verstom oor hoe vinnig ons mense grappe oor redelik ernstige sake kan maak. Soos die “waarheid” wat Charlize Theron vertel het, naamlik dat net 44 mense in Suid-Afrika Afrikaans praat.

Ek wou nie op my blog daaroor gesels nie, want Charlize was nog altyd vir my ‘n persona non grata. Ek het nie na haar flieks gekyk nie, al het sy vir een ‘n Oscar gewen. As mens bereid is om al jou waardes oorboord te gooi om kaalbas op ‘n skerm te paradeer, het ek geen begeerte om ‘n uur of twee van my tyd daaraan af te staan nie.

Maar, as Andrew, my Australiese leser, vra waarom antwoord iemand op my blog dat kleinseun nommer 45 kan wees as hy Afrikaans praat, moet ek vertel.

Volgens hierdie Suid-Afrikaanse gebore aktrise is daar nog net 44 Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika oor, is die taal besig om uit te sterf en is dit nie ‘n “helpful” taal nie. Wat sy ook al met helpful bedoel …

Sy is blykbaar al oor die stellings genader, maar sy bly tjoepstil daaroor. Want, vra ek jou, wat moet sy antwoord?

Dat sy gedink het dat 44 = 6 900 000 mense? Of dat mens 6.9 miljoen afrond na 44? Soos wat daar ook gespot word. Prentjie 2.

Dit het veroorsaak dat sy met die vorige president van die land vergelyk word, hy het ook ‘n ernstige probleem met getalle gehad. En vir groot gelag gesorg.

Iemand het tot met die stats gaan speel, en dit het my nog meer laat lag. Kyk die posisie en die getal. Dit moes ook verander word. Wat my weer aan ‘n kind in my graad 11-klas laat dink het.

Sy het haar rapport laat aanpas deur die rooi sirkeltjies te verwyder, sonder om die druip persentasies ook te verander. En my kommentaar verander na: You are welcomed in Grade 12. Die ander skool se hoof het my hoof gekontak en ons het die rapport weer gedoen en aan hom gestuur.

En die laaste foto laat my baie hard lag. Mense wat spot dat die wegraping plaasgevind het – en hulle een van die 44 is wat agtergebly het …

Ander spot met skermgrepe uit haar eie flieks, waarin sy maar sleg lyk. Geen idee waaruit die skermgrepe kom nie, maar dit is baie snaaks.

Die tweede laaste een spot ook met die uitspraak van 6.9 miljoen. Vir Andrew, die laaste woord in die eerste foto is nie ‘n weerligstraal nie, dit is ‘n platvloerse woord vir ek gaan jou slaan. Die tweede foto is met so snaaks, maar ook platvloers. MYFK@Charlize verwys na ‘n sêding wat soos ‘n tornado oor Suid-Afrika versprei het toe ‘n ma haar dogter leer fiets ry het, sy reguit in ‘n rugbypaal vasgery het en die ma verskrik gesê het: My F@K, Marlize, haar dogter se naam. Daarna het mense dit gesê vir almal wat iets doms of verkeerds aanvang. En nou is Marlize met Charlize vervang.

Gepas!

In die eerste foto hieronder het ek maar soos in die ou dae gemaak en haar naaktheid met geel toegeverf. Watter vrou by haar volle positiewe trek so aan? Behalwe as jy die soort aandag soek?

Ek hou nogal van Tjalies Tron, weereens baie skerp. Die tweede een wys ‘n gedeelte van ‘n Afrikaanse skare wat na ‘n musiekfees luister, baie meer as 44. En die laaste een spot oor Jan van Riebeeck, die eerste Europese ou wat in Suid-Afrika kom nesskop het. Hy was dus nommer 1 van die 44.

Die ding is, sy het ons taal lelik beledig, al is sy self Afrikaanssprekend. En dit word nie gou vergewe nie. Wat sy wel reggekry het, is dat ons almal met haar spot.

Die nuus het gisteraand begin met: Goeienaand aan ons 44 luisteraars …

Hoofprent: Ek het dit op die internet geleen. Natuurlik huil sy hier oor iets anders, beslis nie oor die gespottery met haar nie. Anders sou ek haar jammer gekry het … ek haat dit as mens oor ‘n fout gespot word.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

15 gedagtes oor “Afrikaans, my taal, is snaaks!

  1. Ek is so trots om Afrikaans te wees! Daar is nie nog n nasie wat so vinnig en met sulke skerp spitsvondighede vorendag kan kom as n Afrikaner nie. Tot Refentse het haar uitgehaal. Afrikaans bo!

    Liked by 1 person

  2. Ons Suid-Afrikaners se sin vir humor is wat ons nog altyd gedra het. Ja, sy het ‘n fout gemaak, maar die publisiteit vir háár én Afrikaans wat hieruit kom, kan nie misgekyk word nie. Die hele wêreld praat saam oor en in Afrikaans! 😁

    Liked by 1 person

  3. Afrikaners ken die kuns om blitsvinnig die spot te dryf, selfs met ernstige goed. Ons skerp sin vir humor het ons al deur baie situasies gedra. Arme Charlize, sy gaan na dese nooit weer haar gesig hier kan kom wys nie

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.