Kleinkind praat nou baie. En hy praat al verstaanbaarder. Ek weet bykans alles wat hy sê. Verder luister hy baie mooi. En as ek vra of ek reg verstaan, dan Yes hy my.
Met my eie kinders het ek geleer om stil te bly as ek dink hulle sê iets wat nie reg is nie voor mense. En dit haak steeds by my vas.
Dinsdag ry ons twee klubhuis toe dat hy daar kan gaan speel. En so ry ons een van my buurvrouens raak. Sy is vreeslik opgewonde oor en trots op haar nuwe haarstyl. Sy het die grys laat uitgroei – en dit baie kort gesny en lyk eintlik baie oulik. Sy grimeer ook redelik swaar, met die donker strepe by ooghare.
Ek sê hallo en hy groet ook. Hy groet almal wat van voor af aangestap kom met:
Hallo Oom
Hallo Tannie
Hallo Oupa-tannie
Laasgenoemde was nou die dag vir ‘n oom met lang hare! Ek moes keer om te lag. En afkyk dat mens nie sien hoe glinster my oë nie.
Iedergeval, gister groet hy ook met:
Hallo Tannie Heks
Gelukkig klink dit soos Tannie Eks.
Ek weet nie of sy presies gehoor het nie, maar sy vra wat hy sê. En ek sê dat hy hallo sê. Sy vra vir hom wat hy gesê het. En hy herhaal presies, maar sy verstaan weer nie. En ek ook nie toe sy my vra.
Toe ons ry vra ek of hy Tannie Heks gesê het. En hy Yes my dadelik, ouma verstaan tog so mooi. Verstaan jy nou waarom ek nie voor haar gevra het nie?
Ek vra hoekom en hy sê heks, want sy het wit hare.
En toe wonder ek in watter storie hy dit kon sien. Want na my beskeie mening het hekse altyd swart hare. Soos myne, nie grys soos hare nie.
Kan jy help?
En nou kan ek nie help om te glimlag as ek haar sien nie. Sy is nie heksagtig nie, maar ek gaan dit net nie kan vergeet nie.
Uit die mond van die suigeling…
LikeLiked by 1 person
Ja-nee, liewe Seegogga, sy het toe haar ware kleure gewys. Kleinkind was nie verkeerd nie. Dalk sien hulle ander goed as ons raak wanneer hulle mense ontmoet? Sy het geen goeie bedoelings met my nie, maar ek sal nog vertel. As ek eers daaroor kan lag.
LikeLiked by 1 person
Dis te oulik. Wonder ook hoekom, dalk die grimering?
LikeLiked by 1 person
Dalk weet kinders maar net? Of dalk sien hy ander goed raak? Maar ek het so lekker gelag toe ons ry.
LikeLike
Kan dit dink😂
LikeLiked by 1 person
He has second sight, hee hee. He sees beyond …….
LikeLiked by 1 person
He does indeed …
LikeLike
O grote Griet, bekkige klein mannetjie die. Ek wonder wat gaan deur sy koppie?
LikeLiked by 1 person
Gits, jong, ek wil ook bitter graag weet.
LikeLiked by 1 person