Gepubliseer in Joernaal

Kleinkindpret: Ouma keep quiet

Kleinkind praat baie Engels, verstaan baie goed in Engels en is op emosies ingestel in beide tale. Juis oor die geEngelspratery het ek besluit om hom baie meer aan Afrikaans bloot te stel.

Dus toets ek gister weer die Afrikaanse CD’s wat ek so ruk gelede bestel het. Hy geniet Clamber Klub s’n, maar spesifiek die een vir die pad. So laat ek hom op die tafel staan en moedig ek hom aan om te dans op die maat van die musiek – wat hy swaai die boudjies en dans te lekker op die musiek. Ouma kan net nie so laag gebuk bly staan nie, dus moet hy maar na my hoogte skuif.

En toe begin die pret. Hy dans met die ogies toe, swaai die koppie van die een kant na die ander kant en maak homself so deurmekaar dat hy vir my wys ek moet sy handjies vashou. Maar hy gryp my duime vas en daar gaat hy weer op die maat van die musiek. En toe word die voete gestamp op die houtblad van die tafel – want dit gee so ‘n lekker klank.

Later sit hy in die sandput en staan ek daar by hom en dans en sing dat hy moet saam sing. En toe moet ek dit hoor:

Ouma, keep quiet!

Net so!

Nie dat ek dink dat ek mooi sing nie, maar dit was nogal indrukwekkend dat die kind vir my vertel dat ek moet stilbly in die Rooi Taal.

Ek stuur boodskappie vir sy ouers in die groepie en die aand vra seun blykbaar vir kleinseun of ouma moet stilbly. En hy “yes” sy pa. Hy gebruik nie ja en nee nie, dit is “yes” en “no”.

Sy pa vra toe waarom en die antwoord laat my eers lag:

Ouma moet dans!

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

16 gedagtes oor “Kleinkindpret: Ouma keep quiet

      1. Net tyd om asem te haal en voort te storm nog steeds. Maar ek probeer net ignoreer en nie reageer op dinge nie. Sonder my met tye af. Sal van volgende week hopelik weer bietjie by blogs uitkom. Het fotos van toilet geneem , moet nog net die skryfwerk doen! Dis hoe besig ek is met alles en nog wat.

        Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.