Gepubliseer in Joernaal

Uno!

Ek het so rukkie gelede Uno op my iPad afgelaai. En ek moet bieg dat ek soms so lekker speel dat ek so bietjie van tyd vergeet …

In die werklike lewe hou ek nie baie van Uno nie, maak ek verskoning om eerder iets anders te doen as die ander speel. Ek haat dit om geterg te word as ek verloor. Maar hier in die virtuele omgewing kan ek my nogal in Uno inleef. En miskien hou ek teen Desember sommer baie meer van Uno saam met vriende en familie.

Daar is ‘n paar interessanthede aan Uno op my iPad. En daaroor wil ek so bietjie gesels.

Ek verkies die een waar ek saam met iemand anders teen twee ander mense speel. Dit is opwindend omdat ek die persoon se kaarte kan sien. En ons kan speel om mekaar te help om te wen. Ek het Uno so week of twee aan manlief bekend gestel. En nou speel hy ook saam met iemand teen twee ander mense. En ek lag so vir sy kommentaar as hy ontevrede is met die manier waarop sy “partner” speel!

Die spelers kan op ‘n ander speler se profiel klik, en die persoon met eiers en tamaties gooi. Of ‘n geskenkie gee. Daar is ook emotikons om emosies uit te druk, maar ek doen dit maar min. Of nee wat, eintlik glad nie. Ek haat dit as spelers mekaar met eiers gooi. Dit voel soos oorlog as die eiers so oor die skerm vlieg, en veral as ek soms gegooi word.

Maar dit gebeur gelukkig min. Ek is egter dadelik in ‘n ander gemoedstoestand as ek gegooi word. Veral as ek idee het van wat ek doen, en gewoonlik dan ook wen. Of veroorsaak dat ons twee wen. Soms is ek in ‘n slegte bui of moeg, dan speel ek aspris verkeerd sodat ons kan verloor … want wen is nie alles nie, mens moet ook ‘n spanspeler wees en met grasie kan verloor.

Die tweede interessantheid is dat ek dikwels teen Russe, of mense wat hulle name in Russies skryf, speel. En dit is so lekker om hulle name te kan lees in ‘n alfabet wat min mense buite Rusland kan verstaan. Ek neem gereeld skermskote, maar kry nou eers kans om uiteindelik iets daaroor te skryf.

Hier is ‘n paar voorbeelde, ontsyfer gerus saam:

Bo is: Anastasha, Roestam en Sjenja. In die middel is Kamilla en onder is Nadesjda, Gan en Sasha. So terloops, die Russe het twee name, ‘n liefienaam wat familie en spesiale mense mag gebruik en ‘n amptelike naam of ‘n naam wat ander mag gebruik.

Sasha is so ‘n naam. Dit is die liefienaam vir Alex en Alexandra, dus maak dit nie saak of jy ‘n man of ‘n vrou is nie. ‘n Ander voorbeeld is Natasha en Natalja. Natasha is die sagter vorm en Natalja die harder vorm van die naam. Mia, my vriendin, se dogtertjie is in Suid-Afrika gebore en sy het dus nie daarvan geweet toe hulle Kazakhstan toe is nie. Dus praat dokters dikwels van Natalja en nie van Natasha nie as sy hulle besoek … want hulle neem aan dat haar amptelike naam Natalja is!

Ek neem aan ek sal die alfabet vir altyd kan herken, al het nie in Kazakhstan geleer om die taal te lees en praat nie. Dit is moeilik, want letters word anders uitgespreek as hulle nie die klem dra nie.

Tog het ek altyd die naamborde gelees en was ek lekker verras as ek die woord in my kop uitspreek en verstaan wat dit is. Soos byvoorbeeld Teatr (teater) en so aan. Baie woorde is na aan Afrikaans, veral omdat die Russe ‘n a en ‘n e en ‘n r en ‘n k en ‘n s soos ons uitspreek. Sommige van die letters lyk net baie anders, ek het al daaroor geskryf. Ek neem aan jy het dit agtergekom as jy die name probeer uitspreek het en gesien het dat ek ‘n x as ‘n g skryf. Of ‘n H as ‘n n. Kyk gerus hoe snaaks lyk die d.

Ek wens ek het die taal leer praat, want ek hou van die Russe. Hulle is opregte mense, jou vriend as hulle jou vriend is, en tog ook effens hooghartig. As ek kon – en vir die koue kans gesien het – sou ek nogal in Rusland wou gaan woon.

Toe nou, ek weet. Ek was nogal bang om so na aan Rusland te gaan woon. Mens word so ‘n wanindruk van die Russe gegee as jy in Suid-Afrika woon.

In Rusland kan ‘n vrou en ‘n kind snags op straat loop. Sonder om te vrees dat hulle statistiek gaan word. Want daar word vrouens en kinders op die hande gedra. Mans loop op kouse in hulle huise om te keer dat die vloere vuil word. Want hulle vrouens maak die huis self skoon.

En ek wens dat ek die mense wat ek leer ken het aan julle kon voorstel om self ‘n besluit oor die Russe te maak. Ek hou van hulle.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

9 gedagtes oor “Uno!

    1. Dankie, Appeltjie. Putin het rede om oorlog te maak. Die rede word net van ons weggehou. Ek sou ook oorlog gemaak het as ek hy was. Maar, laat ek net eers al die feite weer kry voor ek verder kommentaar lewer.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.