Gepubliseer in Joernaal

Kalenderfoto vir Augustusmaand en resep vir Kazakhgeïnspireerde kersfeesrooibostee

Die Goue Vroue het weerens ‘n bloguitdaging gestel: Deel jou kalenderfoto vir jou verjaarsdagmaand en ‘n resep vir die kookkunsklasse wat ons op Rebusfontein moes aanbied.

Nou kyk, ek is nie een vir foto’s van myselwers nie en koskook is ook nie hoog op my agenda nie. Dit is, as my kinders kom kuier. Maar om vir manlief kos te maak is ‘n vervelige saak. Rys, vleis en aartappels, groente kry ek met moeite in sy bord, verdoesel dit in die sous dat ek weet hy kry sy vitamines en minerale in. Dan natuurlik, is pap en braaivleis en hamburgers ook op sy spyskaart … Hoe hy in vorm bly, weet nugter. Seker maar my groentes wat in die souse versteek word.

My foto vir Augustusmaand is dus nie van my nie, maar eerder van my yurt wat op Rebusfontein staan gemaak is. ‘n Ronde huisie, van tent gemaak. Geen plek vir spinnekoppe om weg te kruip nie en vlermuise kan ook nie hangplek kry nie.

Voor die foto vir Augustusmaand staan die produk van my resep wat ek hier gaan deel.

GEURIGE ROOIBOSTEE – ‘N SUID-AFRIKAANSE VARIASIE OP KERSFEES KAZAKHTEE

Almal wat my van die begin af volg, weet dat ek moes ophou koffie drink, en dat ek juis in Kazakhstan geleer het om tee te drink. Ek het al heelwat oor Kazahtee geskryf, maar nog nie ‘n resep gedeel nie.

Ek mis die vrye gevoel van Kazakhstan, die gegeurde tees, die effektiwiteit van voorsiening van krag en water en internet. Tog is my hart in Suid-Afrika, wil ek nie teruggaan nie, eerder ‘n stukkie Kazakhstan hierheen bring, maar verSuid-Afrikaans.

My resep is dus nie vir kos nie, maar eerder vir ‘n variasie op die Kazakhs se kersfeestee. Ons gaan juis nou in die winter in, en met die pandemie wat opgeboude weerstand vereis, kan elkeen gerus vir haarself elke dag so ‘n pot ee maak.

Dit is my eie resep, gebasseer op teemaak in Kazakhstan, maar met eg Suid-Afrikaanse bestanddele.

Dit was noodsaaklik om ‘n Suid-Afrikaanse variasie te skep omdat ek nie weer daar sal uitkom nie. En nou verkies ek dit bo my sakkies met Kazakhstantee, wat ek saamgebring het en baia, baie spaarsamig gebruik.

Resep

Bestanddele:

  • 1 sny van ‘n pomelo, die vlees moet mooi ryp wees
  • 2 sakkie Rooibos tee, kan ongegeur of gegeurd wees. Beide is heerlik
  • 2 steranyse – sien foto.
  • knippie kaneel
  • snytjie vars gemmer, fyner gesny om geur te laat ontsnap
  • 2 teelepels heuning indien jy soeter tee verkies.

Metode

  • Laat die ketel met genoeg water kook
  • Gebruik ‘n teepot wat ten minste drie koppies tee sal maak, ek gebruik ‘n “plunger”
  • Voeg die pomeloskyfie, steranys, kaneel en gemmer in die pot
  • Voeg heuning by, maar probeer gerus eers sonder soetigheid
  • Voeg die twee sakkies rooibostee by – ek het Carmien hier in Kuruman ontdek
  • Voeg die kookwater by nadat dit nie meer borrels maak nie
  • Laat staan vir 5 minute

Skink en geniet die geurige smaak van ‘n koppie Kazakhstan kersfeestee – met ‘n Suid-Afrikaanse kinkel – en so gesond as wat kan kom.

Ek het Carmien se Orange Camomile groen rooibostee gebruik. Dir by die pienk padstal in Kakamas gekoop. Die kleur is heelwat rooier met ander variasies van rooibostee.

Toets asseblief en laat weet hoe dit proe. Ek is gek oor die smaak, die volrondheid van die tee, die kleur, die geurige aroma wat uit dit stoom as ek dit drink.

Die res van die stories kan hier gelees word …. https://fresh.inlinkz.com/party/e510564f63d7492b9d9a4654518443af

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

12 gedagtes oor “Kalenderfoto vir Augustusmaand en resep vir Kazakhgeïnspireerde kersfeesrooibostee

  1. Ek is ‘n GROOT koffiedrinker. Maar hierde tee gaan ek probeer vir daardie winterdae as my hart oor die rante stap en my mond droog word van verlang na Nanibië.

    Liked by 1 person

    1. Hi Bitterbessie, dit is baie lekker en die pomelo word al hoe streker hoe langer dit in die pot is. Ek was ‘n groot koffiedrinker. Agte en meer koppies koffie per dag, met baie melk. Toe word ek laktose weerstandig en moes ek melk los. Koffie sonder melk is sleg. Swart tee is bitter, amper so bitter soos koffie. Ons het toe in Kazakhstan gebly, öskemen in die noorde, waar mens nie koffie in restaurante kon bestel nie. En toe ontdek hulle tee. In restaurante is dit nie sakkies met tee nie, maar vrugte en goed wat in die warm water week en die heerlikste tee maak, met heuning as mens sou wou. En die soorte tee kry mens dan ook in sakkies te koop, met allerhande geure. So anders as Suid-Afrika. Waar jy swart en groen tee kan koop. Intussen het Suid-Afrika se rooibosbedryf bygekom, ek ontdek die lieflikste tee hier. En rooibos is gesonder as ander tee, dus kan ek heeldag tee drink, soos toe ek koffie gedrink het.

      Like

    1. Una, ek kon rooibos nie verdra nie, maar as jy eers gewoond raak aan rooibos met vrugte geure, gaan jy nie sommer weer gewone tee drink nie. Dit is baie lekker, het nie daardie kenmerkende reuk nie, die ander geure neem oor. Maar ek vermoed dit is ‘n baie gesonde drankie – warm of kou.

      Like

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.