Gepubliseer in Joernaal

CVSjoernaal.com is my blog se nuwe naam

Moenie skrik nie, jy is steeds by my blog. Ek het mos vertel dat ek besluit het om my persoonlike joernaal van my aanlyn CV te skei.

Ek het aanvanklik op my blog by christavanstaden.com oor akademiese en persoonlike goed geskryf. Die domain Christavanstaden.com is egter begin met die hoofsaaklike doel om my CV aanlyn te publiseer, beide in Afrikaans en Engels. Dit is net soveel makliker as om my CV gereeld op Word op te dateer.

Ek het hierdie week weerens ‘n domain naam gekoop, naamlik cvsjoernaal.com. Dit voel net reg, CVS se joernaal waar ek oor my persoonlike gevoelens, lewe en drome gesels. Daardie gevoelens, drome en lewe wil ek nie graag met my werkgewers deel nie, ook nie met nuwe werkgewers of studente nie. Dit is my privaatlewe, wat nie met my akademiese lewe gemeng behoort te word nie.

Iewers in Augustus 2021 het ek reeds ny persoonlike blog en my akademiese blog geskei. Toe het dit sin gemaak om die domain naam doktorvanstaden.com te koop om my persoonlike blog na daardie domain geskuif. Dit voel egter (a) baie formeel om my persoonlike blog onder my formele titel te publiseer en (b) die titel pas veel eerder by my akademiese blog. Daarom het ek hierdie domainnaam met christavanstaden.com verenig sodat mense wat my akademiese werk wil lees, kan soek vir Christa van Staden of Doktor van Staden om my akademiese werk te lees.

As jy my CV wil lees, of oor my akademiese skryfwerk wil lees, moet jy asseblief christavanstaden.com of doktorvanstaden.com volg. Beide sal jou na dieselfde webwerf neem. Jy kan dan ook besluit of jy my akademiese blog ook wil volg. Twee onlangse artikels daar is hierdie ene oor sinonieme en hierdie ene oor antonieme. Want Afrikaans is na aan my hart. Navorsing en onderwys ook – oor dit alles skryf ek op my akademiese blog.

Soos reeds genoem, skryf ek hier oor die lawwe goed in my lewe, spot ek met myself as ek lawwe goed aanvang, vertel ek van my honde en hulle dinge, my lewe, die dinge wat vir my saak maak en wat ek eendag ook wil onthou as ek oud is en dit weer op die stoep van die ouetehuis lees.

Hier lag ek oor die oulike goedjies wat my kleinkinders doen. En hier is ek vroulief, ma van twee kinders, skoonma (lees ma) van nog twee kinders, ouma van vier seunskinders tussen 10 jaar en 18 maande oud. Hier is ek nie Doktor van Staden nie, bloot Christa.

Die hooffoto is in Oktoebr 2015 geneem, ek kan nie glo dit is so lank gelede nie. Ek het by ‘n kongres in Kaapstad gepraat en ek en manlief het langer gebly, en ook na een van my gunstelingstrande gegaan, naamlik Bloubergstrand. Ons het by Ocean Basket geëet en dit herinner my aan ons drie of vier etes by Ocean Basket in Almaty, Kazakhstan, toe ons ‘n jaar gelede daar gebly het …

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

16 gedagtes oor “CVSjoernaal.com is my blog se nuwe naam

    1. En insae met mense waarmee ek nie alles wil deel nie. Kollegas is nie vriende nie – of selde – hulle is teenstaanders, selfs al dink mens dat hulle vriende is. Dit het ek elke keer agtergekom as ek ‘n skool verlaat.

      Like

          1. Beslis so. Daar is altyd ‘n geleentheid dat iemand wat jou goudgesind is vertel van dinge wat nie nodig is om vir almal te vertel nie. Die sekretaresse was ‘n juweel. Baie kwaai omdat sy haarself ook moes beskerm teen aanslae van buite. Ons was regtig sielsgenote. Sy was soos n ma vir my.

            Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.