Gepubliseer in Afrikaans - Hulp

Antonieme

Antonieme is woorde met die teenoorgestelde betekenis. Ek het die verskil tussen antonieme en sinonieme so aan my leerders verduidelik:

Sinonieme = selfde betekenis (of amper) en antonieme (ander betekenis – teenoorgestelde betekenis). Weereens het ek hulle ook geleer dat dit belangrik is om die woord reg te spel, dus moet hulle kyk of hulle sinonieme vir die ander betekenis kry as hulle die spesifieke woord nie reg kan spel nie.

Ek gaan voorbeelde gebruik om antonieme te verduidelik. Onder sinonieme het ek skurk as voorbeeld gebruik. So, wat is die antoniem vir ‘n skurk? Onthou, jy kan nie meer as een woord gebruik nie. ‘n Goeie mens gaan dus nie werk nie, dit moet een woord wees. Daar is ‘n verskeidenheid woorde wat jy kan gebruik: weldoener, beskermer, ondersteuner, vertroueling, selfs vriend. Maar, mens moet onthou dat alle vriende nie noodwendig eerlike mense is nie, baie skurke is juis mekaar se vriende. Dus sou ek nie vriend aanbeveel nie. Dit is interessant dat daar baie meer woorde is wat met skurk vervang kan word, as woorde wat die teenoorgestelde betekenis het

‘n Ander voorbeeld is die woord intelligent. Antonieme hiervoor kan wees dom, onnosel, domonnosel, redeloos, verstandeloos, dwaas, onkundig, onwys, ongeskoold, onverskillig, insigloos, stompsinnig en vele meer. Maak net seker jy gebruik dit reg in ‘n sin. Byvoorbeeld:

Sy is intelligent – Sy is insigloos.

Dit was ‘n intelligente besluit – Dit was ‘n insiglose besluit.

In die klas, het ek my kinders geleer om woordeboeke te gebruik, eerder as om net vir my te vra as hulle ‘n opstel skryf. In woordeboeke is daar meer as een woord wat gebruik kan word, maar mens moet seker maak dat jy die regte antoniem kies. Ek sien op die ViVa toep dat die woord naïef ook as sinoniem vir dom aangebied word. Om naïef te wees, beteken egter nie dat mens dom is nie. Die volgende voorbeeld behoort te help.

Dit was ‘n naïewe besluit om hom te vertrou.

Dit beteken nie dat mens dom was nie, maar eerder dat jy die persoon die voordeel van die twyfel gegee het. Al het jou brein rooi vlaggies laat wapper toe jy die persoon ontmoet het. Dit was net ‘n dom besluit. As jy na jou verstand geluister het, sou jy die persoon nooit vertrou het nie.

‘n Ander voorbeeld is die woord vriend. Die woord beteken dat dit iemand is wat jy na aan jou hart dra, iemand wat jy kan vertrou. As jy die mens nie kan vertrou nie, is daar baie antonieme om so ‘n mens te beskryf: die woorde kan in intensiteit verskil, afhangende van die ssin en hoe min jy van die mens hou: teenstaander, antagonis, opponent, kwaadgesinde, vyandiggesinde, spioen, mededinger, selfs aartsvyand.

Onthou dan weer die goue reël: As jy die woord nie kan spel nie, kies ‘n woord wat jy wel kan spel. Dit is nie mooi om te sê dat iemand dom is nie, maar die woord kan nie sommer verkeerd gespel word nie. Dus beveel ek wel aan dat jy die woord gebruik as jy ander antonieme nie kan spel nie.

Onthou ook: As die intensiewe vorm gebruik word, moet die antoniem ook in die intensiewe vorm wees:

  • pikswart – spierwit
  • aartsvyand – boesemvriend
  • brandmaer – spekvet

Gesels gerus in die kommentaar saam. Hoe verduidelik jy antonieme aan jou leerders? Leer jy hulle om die makliker woord te kies as hulle die moeiliker woord nie reg kan spel nie?

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Een gedagte oor “Antonieme

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s