Gepubliseer in Afrikaans - Hulp

Sinonieme

Soms wonder mens waarom daar meer woorde is wat soort van dieselfde betekenis het. Vir leerders is dit belangrik om hierdie woorde te ken as hulle goeie punte vir opstelle wil verdien.

Ek het dit veral vir my swakker leerders so verduidelik.

Moenie my in die eksamen met groot woorde probeer beïndruk as jy dit nie kan spel nie. Daar is soveel sinonieme wat gebruik kan word, woorde wat nie so moeilik is om te spel nie. En bykans dieselfde beteken. Dit het nogal gehelp dat hulle beter punte kry, maar ook om hulle moraal te lig. Daar is min goed so sleg soos om ‘n opstel terug te kry wat vol rooi merke is.

Ek gaan sommer net twee voorbeelde noem om te verduidelik wat ‘n sinoniem is. En dat daar woorde is wat makliker gespel kan word.

Neem byvoorbeeld die woord intelligent. ‘n Woord wat moeilik is om te spel. Hierdie woord kan maklik in ‘n sin vervang word met die woord slim. Beide woorde beteken dat iemand oor baie breinstof beskik en waarskynlik in staat sal wees om probleme makliker as ander op te los. Die een is net soveel makliker om te spel.

‘n Ander voorbeeld is die woord skurk. ‘n Skurk is iemand wat ander mense indoen – hoofsaaklik om hom- of haarself beter te laat lyk of te verryk. ‘n Goeie voorbeeld van ‘n skurk is iemand in ‘n bestuursposisie wat geld onder die tafel kry om swakker produkte aan te koop – ten koste van die besigheid waarvoor hy of sy werk. So ‘n persoon sal voorstelle vir beter produkte met hand en tand beveg om hom- of haarself te verryk. Ander selfs boelie wat met beter voorstelle kom want dan is die hand wat geld onder die tafel aangee, afgekap … Daar is vele ander woorde wat gebruik kan word om na so ‘n skurk te verwys. Ek dink vinnig aan skelm, boef, skarminkel, dief en boelie. Sien, baie van hierdie woorde kan makliker gespel word.

In ‘n sin kan die twee woorde saam gebruik word.

‘n Skurk kan nie intelligent wees nie, want alle skurke word een of ander tyd gevang. Of:

‘n Boef kan nie slim wees nie, want dan sou hy of sy weet dat dit baie negatiewe gedrag is.

Om die verskil tussen sinonieme en antonieme te verduidelik, het ek my leerders geleer om na die eerste letter van die woord te kyk:

  • Selfde betekenis = Sinoniem (dieselfde ..)
  • Ander betekenis = Antoniem.

Vra gerus in die kommentaar as jy oor sinonieme twyfel.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

Een gedagte oor “Sinonieme

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s