Gepubliseer in Resensies

Kosbare gesprekke met kinders

Volg jy die nuwerige kykNet program Kyk wie praat op die televisie? As jy nie doen nie, kan ek dit werklik aanbeveel.

Die aanbieder – De Klerk Oelofse – is een van ons kleinste, maerste Afrikaanse akteurs. Vir die mense wat my blog vertaal, moet ek die woord Afrikaanse net eers verklaar. Dit verwys na akteurs wat die taal Afrikaans praat. Dus is dit verkeerd as Google die woord na African vertaal.

De Klerk maak baie snaakse grappies. Soos gisteraand toe hy te vertelle het dat iemand vir hom gesê het dat hy nie enige posisie in rugby kan speel nie omdat hy die hart van ‘n leeu het, maar die lyf van ‘n gemmerkat!

Ek giggel gereeld vir die dinge waarmee die kinders (tussen 6 en 9 jaar oud) vorendag kom. Maar laat ek eers vertel hoe dit werk.

Daar is elke keer 9 kinders en vier grootmens deelnemers. En verskillende speletjies waaraan hulle deelneem, as ek nou reg onthou.

Vir die een het die aanbieder vir die kinders gevra om ‘n woord te verduidelik. Dan moet die deelnemers raai wat die woord is. Die verduidelikings is baie, baie snaaks, maar nadat die grootmense na die 9 geluister het, raai hulle die woord gewoonlik reg. Wat my verstom!

Vir ‘n ander speletjie het De Klerk die kinders voor die tyd gevra om tussen twee moeilike goed ‘n keuse te maak. Die grootmense kry punte as hulle reg raai watter een die meeste kinders gekies het. En dan kry hulle beurte om ‘n kind te kies, te luister na die antwoord op ‘n vraag en dan te raai of watter keuse die betrokke kind gemaak het.

Dit is nogal moeilik om reg te raai. ‘n Dogtertjie het vertel dat sy haar kamer eintlik net skoonmaak voordat maatjies kom kuier. Die vraag wat toe beantwoord moes word, was of kind dink dat mens betaal behoort te word om jou kamer skoon te maak. Die vrou wat haar gekies het, het geraai dat sy ja sou kies. Haar antwoord? Nee! Jou kamer, jou verantwoordelikheid. Ek het so gelag, ek kon haar ma sien raas in my gedagtes.

‘n Ander keer was die vraag of die kind weet wat Hollands is. De Klerk het toe eers vir die een bruin seuntjie gevra watter taal hy praat. Sy antwoord? Bruinmenstaal en witmenstaal. Ek het my slap gelag. Bruinmenstaal verstaan ek goed. Hulle praat die meeste van die tyd Afrikaans, maar anders, met ander woorde en uitspraak. Soos wêk in plaas van werk. Of wiet in plaas van weet. Natuurlik het sy grootmens reg geraai dat hy beslis nie weet wat Hollands is nie.

Gisteraand het ek ook gelag vir die goed waarmee ‘n dogtertjie vorendag gekom het. De Klerk wou weet of sy dink dat bome kan praat. Omdat sy so ingedagte kind is, sou ek Ja raai. Maar die vrou het haar verkeerd gelees en nee gekies. Haar antwoord het my verstom, die kind het reuse verbeelding. Volgens haar kan bome praat, want hulle praat deur hulle ondergorndse wortels met mekaar. Die woorde vloei af in die een boom en deur die wortels na die ander boom. En dit is moontlik omdat die wortels ondergrond in mekaar gedraai (met hande wat verduidelik) gedraai het dat die woorde so van die een boom na die ander een kan gaan. Briljante verduideliking, sy moet beslis aan redenaars deelneem. Sy sou selfs vir my kon oortuig.

De Klerk gee natuurlik ook na speletjies vir die kinders raat (nie raad nie) oor goed wat hulle in die tyd moet gaan doen wat advertensies speel. Stoute raat wat ouers nie noodwendig gaan waardeer nie, kan selfs boudjies laat brand:

Ek dink nou vinnig aan die volgende twee:

  • Gaan kry jou pa se onderbroek in die kas en sit dit in die vrieskas
  • Gaan sit gou sous wat baie brand op jou ma en pa se tandepasta. En dan lag hy stout. Môre gaan hulle monde brand. En jou boudjies.

Die grootmense moet speel om 500 en meer punte in te samel.

Samel die wenner van die aand 500 punte in, wen hy of sy ‘n gratis vakansie. As hy of sy by die volgende mikpunt uitkom (is dit 750?) wen hy of sy R10 000.

As die wenner van die program nie daarby uitkom nie, staan die R10 000 wat gewen kan word oor vir die laaste program, wanneer die beste vier teen mekaar gaan speel. Tans staan die boerpot op R40 000.

Ek kan die program aanbeveel. De Klerk is werklik ‘n goeie aanbieder, skaars langer as die kinders, waarna hy gereeld as klitse verwys. Mooi Afrikaanse woord om te verwys na ‘n kind wat iets aangevang het wat mens nie verwag het nie.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

20 gedagtes oor “Kosbare gesprekke met kinders

          1. Hy doen steeds baie goed, is een van die sangers met die hoogste inkomste. Ek dink die hoogste het ek nou die dag gelees. Ek dink dit doen hom goed, want nou kan hy meer verdien omdat mense hom in persoon wil sien.

            Like

          2. Dis waar. Hy is natuurlik n uitstekende sanger en het liedjies vir Nadine ook geskryf ( maak jy jou oē toe as ek jou soen). Ek het destyds n onderhoud met hom gevoer hier op Bredasdorp.

            Liked by 1 person

  1. Ek is ook gaande oor goed wat kinders kwytraak. Dis jammer dat ek ook nie DSTV het nie. Ek en My Geliefde kyk meesal Kyknet&ki met National Geographic en Travelchannel vir afwisselling

    Liked by 2 people

  2. Christa,ek moet bieg.Aanvanklik was ek gladnie lus om hierdie program te kyk nie(ek het ‘slap stick’ verwag), maar nadat ek per ongeluk een episode raak gekliek het volg ek dit doelbewus en met groot genot!

    Liked by 1 person

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.