Gepubliseer in Joernaal

En nou is daar ‘n vyfde oseaan

Vandat ek kan onthou, het die aarde vier oseane gehad. En nou is daar vyf en die moontlikheid dat ‘n sesde wat in die volgende miljoen jaar gaan ontwikkel.


‘n Oseaan word normaalweg omskryf as die wateroppervlak tussen twee of meer vastelande. Sedert 1915 het karteerders vier oseane (met hulle seë) geïdentifiseer, naamlik die Stille Oseaan, die Indiese oseaan, die Arktiese oseaan en die Atlantiese oseaan.

Die Stille oseaan is die grootste en beslaan ongeveer ‘n derde van die aarde se oppervlak. Hierdie oseaan lê tussen Australië en Asië aan die een kant en Noord- en Suid-Amerika aan die ander kant. Interessant om te weet as mens in gedagte hou dat die aarde se oppervlakte ook 30% beslaan.

Die Atlantiese oseaan is die tweede grootste en beslaan ongeveer 20% van die aarde se oppervlak. Hierdie oseaan verbind Afrika en Europa met die ander kant van Noord- en Suid-Amerika.

Die Indiese oseaan is die derde grootste en bied ‘n belangrike handelsroete tussen Afrika en Indië omdat die twee vastelande verbind word.

Die Arktiese oseaan word by die noordpool aangetref en is die minste sout van al die oseane weens die vars water wat gereeld vorm as yslae smelt.

En onlangs, op 8 Junie 2021 om presies te wees, is ‘n vyfde oseaan benoem, naamlik die Suidelike oseaan. Soos sy naam aandui, word hy by die suidpool, of Antarktika aangetref. Die oseaan is benoem omdat hy op belangrike wyses verskil van die drie oseane wat aan hom grens, naamlik die Stille, Indiese en Atlantiese oseaan. Anders as in die gewone sin van die woord oseaan, word die oseaan nie tussen twee of meer vastelande aangetref nie, maar omring die Suidelike oseaan die hele Antarktika (sien foto). Sommiges verwys na hierdie oseaan as die Antarktiese oseaan.

Ek vind dit baie interessant dat die nuwe oseaan in my leeftyd benoem is. Heel waarskynlik omdat ek nou my Geografie aantekeninge sou moes aanpas om erkenning aan die vyfde oseaan te gee. Ek kan byna met sekerheid voorspel dat hierdie oseaan deel van die matrieks se eindeksamen gaan vorm. Dit is ‘n belangrike gebeurtenis as ‘n nuwe oseaan na meer as ‘n eeu benoem word.

Die uitsig van ‘n sesde oseaan wat gaan vorm, voel nie soos ‘n werklikheid nie omdat dit binne die volgende miljoen jaar gaan gebeur. As die voorspelling natuurlik waar is … Geeneen van ons gaan dan nog die aarde bewandel nie.

Skrywer:

Navorser, oud-onderwyseres en -dosent. Ma van twee, skoonma van twee, ouma van vier en ek het 'n manlief wat al bykans 40 jaar die pad saam met my stap. Ek skryf oor die dinge na aan my hart.

19 gedagtes oor “En nou is daar ‘n vyfde oseaan

    1. Die lande word nie kleiner nie en die see nie groter nie. Wetenskaplikes het net in 1999 besluit om die water suid van die 60 grade breedtelyn ‘n eie naam te gee omdat dit unieke eienskappe het. Hulle het egter gesukkel om ander te oortuig om die oseaante erken omdat dit, anders as die ander osean, nie tussen twee of meer vastelande lê nie, maar Antarktika omring. En aan die noordelike kant teen drie ander oseane grens.

      Liked by 1 person

  1. Jy het my nou vinnig na die internet laat ‘hardloop’, net gedag ek leer die kinders nog al die tyd verkeerd. lol. Toe sien ek darem dat die oseaan reeds in 1999 geidentifiseer is, maar soos jy se, nou eers is dit deur die Wetenskaplikes ‘n ‘naam’ gegee – of uiteindelik saamgestem. Volgends Simthsonianmag (waar ek dit gelees het), kon Wetenskaplikes internasionaal nog tot dusver nie offisieel saamstem nie. Ai tog, dat mens so lank kon vat om tot ‘n besluit te kom. 🙂

    Liked by 1 person

    1. Inderdaad, dit terwyl ek kan wed dat dit vanjaar in vraestelle gaan wees. Miskien omdat wetenskaplikes die see reeds in 1999 geïdentifiseer het. Maar die amptelike erkenning daarvan moes beter dekking gekry het.

      Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.